Gietyster produkte is een van my gunsteling gerei om mee te kook. Dit kan egter ook mens se grootste nagmerrie word as so ‘n kastrol of pan begin roes. Vir jare pas ek my liewe moeder se raad toe om al my gietyster kookware te versorg en instand te hou. Ek kon as jong getroude vrou nie die versoeking weerstaan om my ma se arm te draai vir ‘n spesefieke pan van haar. Want hierdie pan was kleef vry, ja, ‘n gietysterpan. Nadat ek haar gevra het hoekom haar panne na soveel jare so wonderlik werk, was haar antwoord eenvoudig. Jy moet jou ware seel. Doen dit een keer in 3-5 jaar en jy sal nooit jou panne kry dat dit roes. Kom ons begin.

Voedselgraad Flaxseed oil: Gesondheidsprodukte rak van menige kettingwinkel groep.

Voor verhit jou oond na die heel warmste wat dit kan gaan. Indien jy gelukkig is om ‘n oond te besit wat ‘n “self cleaning” funksie het…gebruik dan daardie verstelling. Plaas die ware in die voor verhitte oond vir 3 ure. Wanneer jy die ware uithaal sal jy sien die aanpaksels sal in stof verander het. Was met seep en water. Skuur terwyl jy die ware was met fyn staalwol. Indien die ware dalk  baie geroes is, kan jy ‘n boor neem met ‘n fyn staal borsel en dit skuur totdat die oppervlakte blink. Anders, dood gewone water skuurpapier en skuur tot die roes af is. Ek is teen “harsh chemicals” en gebruik dit glad nie omdat ek die omgewing waarin ek woon beskerm en skoon hou.

Spoel die ware goed af en plaas weer in oond sodat dit droog word vir 10 min. Haal dan die ware uit en smeer dan met die Flaxseed olie en ‘n lappie. Dit is amper soos om politoer met ‘n lappie aan te wend. Die olie moet in die warm kastrol in gevryf word sonder dat dit strepe maak of rondvloei in die kastrol. Maak seker jy vee al die ekstra olie af…niks loperige merke. Ek behandel binne en buite. Bak dan die kastrol vir ‘n uur. Herhaal hierdie proses vir 3 keer.

Jy sal sien dat die pan weer swart word en dat die oppervlakte van grof na super glad verander. Dit is ‘n tydsame proses en vreet baie krag, maar die belonging is kleefvrye en gladde oppervlaktes in die gietysterware.

Vir nasorg moet die ware altyd voor dit gestoor word eers in die oond droog gemaak word. Moenie met skuurdraad skuur nie maar fyn staalwol vir hardnekkige aanpaksels.  Onthou om eerder die pan effens te week voor jy skuur en skrop. Stoor weg van vog.

Beste wense en geniet jou gietysterprodukte.

Bron: Annelien Pienaar, 2018