BKT Klets-Kombuis…vir oulaas 2017!

BKT Klets-Kombuis…vir oulaas 2017!

Hallo Twisters.

Ja as ons terug kyk op 2017 dan is daar baie goed wat gebeur het…die wêreld, politiek, persoonlike lewens, kinders, ouers…ag sommer die lewe in totaliteit. Daar was baie om te leer, baie om oor dankbaar te wees. Ek dink vir my persoonlik wat geliefdes aan die dood afgestaan het en ook ‘n paar Twisters wat ook die aardse verruil het…dat ons gesondheid seker een van die grootste geskenke van Bo is. My bede vir elke Twister met 2018 is: Tonne goeie gesondheid om al jou drome waar te maak. Sonder die gawe van goeie gesondheid kan ons niks wees, doen of bereik.

Dankie vir almal se positiewe ondersteuning met BKT die Faceboek blad, die oorgang van die blog na die webtuiste. Dan ook die bywoon van my kook klasse en die kueirtjies reg deur Suid-Afrika en die buiteland met die Boerekos met ‘n Twist kookboek. Ons sien uit na die heel eerste seisoen van die BkT kookprogram op VIA TV 27 Maart 2018 waar daar saam gelag, gekook en geleer gaan word vir ‘n volle 13 episodes. Daardie deel van die jaar was seker vir my, persoonlik, die moeilikste, die hardste en die felste. Toe ek na die produksie stil raak besef ek ek het myself so ontbloot aan Suid-Afrika, dit is soos om oop kake voor die tandarts te lê. Ek glo julle gaan die reeks sommer baie geniet.

Onthou, al is jy nie ‘n intekenaar op BKT se resepte is daar nog die gratis afdeling waar ek probeer help. Ek is 100% toegewyd en daar vir navrae op die webwerf asook Faceboek.

Veilig reis met die langnaweek en voorspoed en seën met 2018. Onthou daar is ‘n groot prys te wen op die webtuiste, gaan ook na my FB blad Boerekos met ‘n Twist en ook BoereKosTwist1 vir die inskrywings…’n Kenwood chef Sense van R7500 en nog ander goedjies met ‘n totale waarde van R12500 is op die spel. Bak ‘n brood!

BKT Klets-kombuis groete Annelien

2017-12-28T14:59:57+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Peggy Landman December 31, 2017 at 8:27 am - Reply

    BAie dankie, vir die gratis reseppies. Ek bak nie meer grênd nie. Ek is alleen (weduwee) en kinders si ver, maar nou en dan, so n vinnige iets vir myself, is hieridie perfek vir my.

    Sterkte en beste wense vir 2018.
    From strength to strength, wens ek jou toe.
    Mooi loop in 2018.
    Groete Peggy

    • Annelien December 31, 2017 at 12:27 pm - Reply

      Hallo liewe Peggy. Julle Twisters gee my moed om vir julle net die lekkerste resepte te geen…aan te hou en uit te hou. Tonne seeninge vir jou ook vir 2018…en grootste daarvan, goeie gesondheid. BKT groete Annelien Pienaar

Leave A Comment