Jorsies of te wel Corn dogs!

Jorsies of te wel Corn dogs!

Heerlike markdag idee vir die kinders se entrepreneurs of sommer net vir die lekker in die piekniek mandjie en kuierkos.

½ k polenta of fyn mieliemeel
½ k koekmeel
2 t bakpoeier
knippie sout
1 t strooisuiker
1 eier – geklits
½ k melk
6 gerookte weense worsies
1 liter sonneblom olie vir diepvetbraai

Voorverhit olie in diep genoeg pot om die hele worsie te braai.

Meng die droë bestanddele en klits die eier en melk by.

Ryg worsies op ’n sosatiestokkie.

Druk die worsies droog voordat dit in die beslag gedoop word, anders klou die beslag nie goed nie. Giet die beslag in ‘n lang glas sodat die worsie in totale lengte bedek kan word. Daar is nie ‘n makliker manier om die werk te doen nie. Druk die worsie in die beslag en drup effens af.

Plaas in warm olie en hou heeltyd vas en draai sodat die worsie egalig bruin word. Gebruik ‘n kleiner langer potjie vir die werk, selfde beginsel as met die lang glas, dit spaar ook olie.

Dreineer en bedien met heerlike doopsouse.

Bron: Annelien Pienaar, 2009, Entreprenuers opleiding.
Porsies: 12 groot of 24 mini worsies.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-09-05T19:24:51+00:00 0 Comments

Leave A Comment