Boerekos met ‘n Twist

Boerekos met ‘n Twist

R330.00

Rated 4.18 out of 5 based on 11 customer ratings
(11 customer reviews)

’n Kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so ‘n sosialemediasukses maak. Boerekos met ‘n twist kan beskryf word as ‘n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense.

Die boek kan geteken word deur Annelien – versoek asseblief so in die “shopping cart” se “order notes” wanneer die bestelling geplaas word. Ook die naam en boodskap. Indien u meer as een boek bestel, nommer asseblief die name en boodskappe.

11 reviews for Boerekos met ‘n Twist

  1. Rated 1 out of 5

    Ek wil graag “n getekende “Boerekos met ‘n Twist” bestel. Wat staan my te doen om een te bekom.
    Suzette Zeeman Naudé

    • Hallo Suzette, jy kan by die shop gedeelte van die webtuiste die vormpie invul en dan sal ek die bestelling vir jou verder neem. Liefde Annelien

  2. Rated 5 out of 5

    Sal wardeer as ek n getekende “Boerekos met n twist” kan kry…baie dankie

    • Hallo Ellen, jy kan die boek op die webtuiste bestel onder Shop. Vul die gegewens in en ek sal jou invoice vir dit. Groete Annelien

  3. Rated 1 out of 5

    Een getekende “Boerekos met ‘n Twist” resepteboek asb.

    • Jou pakkie is gepos. xxxA

  4. Rated 5 out of 5

    Jou boek is amazing en dit kan n groot hulp wees in die kombuis

    • Wonderlik dat jy die BKT kookboek geniet. Tonne seën met die gebruik van jou nuwe kookgids. xxx Annelien Pienaar

  5. Rated 5 out of 5

    Stel belang om boek te koop en handtekening binne in asb.

    • Hallo Suan,

      Die boek kan op my webtuiste onder Shop bestel word. Ek teken vir jou met liefde. Groete Annelien

  6. Rated 5 out of 5

    Hallo Annelien… jou boek lyk wonderlik…wil graaf jou boek bestel maar woon in Botswana. Is dit moontlik om die pakkie buite Suid Afrika se grense te stuur? Ek sal dit per EFT betaal.

  7. Rated 4 out of 5

    Wil graag boek bestel wat geteken is maar sukkel om reg te kom op jou website
    0827711264
    Invoice jy en ek EFT of wat?

    • Marieta, ek het jou epos gestuur. Kontak my via boerekostwist@gmail.com. Groete Annelien

  8. Rated 5 out of 5

    Wil graag boek bestel. En is versot op raad resepte en uitleg op facebook

  9. Rated 5 out of 5

    wilgraag 1 getekende boerekos met twist bestel
    Stel ook belang in boek oor suurdeeg gebak
    Wil groot begin brode bak

    • Hallo Daleen die boek kan hier op die webtuiste onder Shop bestel word. Broodboek is nie beskikbaar nie…net die handleiding indien jy die klas sou bywoon. Laat weet as jy nie reg kom met die bestelling. Groete Annelien

    • Daleen jy kan die boek op die webwerf onder Shop bestel of mail my by boerekostwist@gmail.com om verder te help. Groete Annelien

  10. Rated 5 out of 5

    Annelien, ek wil groot asb jou boek bestel, maar weet nie mooi by wie om te betaal nie. Ek wou een by jou gaan koop wanneer jy Bloemfontein toe kom, maar kan nie meer so lank wag nie.
    Dankie vir alles wat jy vir ons doen en leer.
    Kruike vol seën en emmers vol liefde.
    Ena

    • Hallo Ena, jy kan die boek op die webtuiste bestel onder shop. Laat weet as jy nie reg kom nie. Groete Annelien

  11. Rated 5 out of 5

    Hallo Annelien
    Sal jy groot asb vir my die boeke teken. Een is vir myself natuurlik en die ander is vir Skoonma Erna Roos.
    Baie dankie

    • Hallo Lorraine, ek maak so. xxAnnelien

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *