Tuistafel deur Errieda du Toit 2017-03-12T15:30:34+00:00

Project Description

So kom die dag in Desember 2016 en die lang verwagte boek van Errieda du Toit op my voorstoep afgelewer word! Maar tyd vir Tuistafel die resepte boek lees was daar nie gewees en so bêre ek die boek vir my af dag. Die af dag kom nie, die boek is nog netso geseël in die pakkie. Ek het myself die bederf van my lewe beloof en dit is om vir een hele dag lank net te sit…tee te drink, koek te eet en boek te lees. So kom Januarie en boek se kind het verdwyn…

Ek soek die hele huis deur maar min dring dit tot my deur ek moet dalk net begin vra of iemand nie die pakkie gesien het nie. My man glimlag skaam en vertel dat sussie die pakkie beet gekry het. Hy maan my om nie met sussie te raas nie, maar eerder te vra of sy nie dalk vir my haar nuwe “storie boek” wil kom wys nie. Kyk, ek frons toe woes! Hoe nou?

Slaaptyd kom en ek sit by sus in die kamer. Ek op die wiegstoel en wipneus onder die komberse. Ek vra haar na haar nuwe “storie boek” en sy spring kiertsregop en met groot ogies vra sy of ek kwaad is. Ek lag en verseker vir haar daar is nie moeilikheid nie. Sy haal so ewe die boek heel onder in haar kas uit die boeties se albaster bak uit. Let wel…die albasters was ook weg…nou is dit gevind! Sy bring die boek vir my en ek vra haar watter soort storie boek dink sy is dit. “Mammie, vir die kinders wat hou van kos…soos met Winnie the Pooh en Rabbit…mammie, kyk die wortels!” Ek wil huil so mooi en raak is haar beskrywing van Errieda se boek. So lees ons nog gereeld saans uit tannie Errieda se boek. Sy het na die pragtige sketse van Roelien Booysen gekyk en aangeneem dit is vir kinders…maar vir hierdie mamma is dit ook mooi…maar op ‘n inspirerende vlak.

Die sketse nooi jou uit om die een na die ander bladsy om te blaai en na nog ‘n juweeltjie te soek. Ons twee het tannie Errieda se Rysvlokkiekoekies gebak en genade ek moes die belustigheid intoom hou…dit is lekkerder as lekker.

Dankie, Errieda vir die pragtige boek met al sy mooi verhale. Die uitbeeld van kos waarmee jy grootgeword het en teer oomblikke met geliefdes. Tuistafel is reeds tuis in die Pienaar huis en sal vir jare nog uit hom kook. Die resepte is prakties, keurig en vol verassings met wonderlike kombinasies van geure. Voorwaar ‘n boek om in jou versameling te hê…

Ps: Ek is gek oor die voorblad!

Groete Annelien Pienaar!

Print Friendly, PDF & Email

2 Comments

  1. Marie Coetzee May 18, 2017 at 6:01 am - Reply

    Pragtig, ek ‘like’ wat jy gedeel het Annelien, sal spaar en die boek aanskaf!

    • Annelien May 18, 2017 at 7:43 am - Reply

      Hallo Marie, hou die boek resensies dop…ek gee gereeld nuwe boeke op die mark weg. Dankie dat jy die resensies lees. Hierdie maand is daar twee boek op die spel. Maak seker jy is vir die nuusbrief ingeteken. Groete Annelien

Leave A Comment