Weg Platteland / Go Platteland Magazine

Loading Events
  • This event has passed.

Gedurende die klas word daar Mozzarella en Feta kaas gemaak. Daar sal ‘n demonstrasie wees vir die maak van yoghurt en die dreinering daarvan vir die maak van Labneh (yoghurt kaas). U sal in groepies van 4-5 ingedeel word om self kaas te maak. Elke student neem van die eindproduk huistoe.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding verskaf, ligte ete en verversings.

 

Alle klasse begin stiptelik om 09h00 en eindig om 15h00.

Plek:
Bos en Berg Guest Farm vir kleiner groepies, Van Gaalen Kaasplaas (800m vanaf Bos en Berg Guestfarm) vir groter groepe. U sal ‘n week voor die klas aangebied word rakende die venue in kennis gestel word wanneer u nota’s gestuur word.

Voorwaardes:
‘n Formele registrasie dokument moet ingevul word en aan Annelien Pienaar Voedsel Konsultant gestuur word met u deposito bewys.

KOSTE & NAVRAE
Print Friendly, PDF & Email