Vleis werkswinkel

Loading Events
  • This event has passed.

Die klas fokus op drie soorte vleis: bees, skaap, vark. Gaarmaak metodes, taaiheid van vleis word bespreek en marinades, soute word gemaak. Wors word ook in die klas gemaak met dood gewone kombuis toerusting sodat die tegnieke vir almal toeganklik is, daarna braai ons hierdie heerlike wors. Dus word alle kwel kwessies in hierdie klas hanteer rakende vleis en hoe om die beste gereg uit elke snit vleis te kry. Biltong maak en droëwors word bespreek en resepte word vir hierdie geregte ook verskaf.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf, ligte ete en verversings.

Alle klasse begin stiptelik om 09h00 en eindig om 15h00.

Plek:
Bos en Berg Guest Farm vir kleiner groepies, Van Gaalen Kaasplaas (800m vanaf Bos en Berg Guestfarm) vir groter groepe. U sal ‘n week voor die klas aangebied word rakende die venue in kennis gestel word wanneer u nota’s gestuur word.

Voorwaardes:
‘n Formele registrasie dokument moet ingevul word en aan Annelien Pienaar Voedsel Konsultant gestuur word met u deposito bewys.

KOSTE & NAVRAE
Print Friendly, PDF & Email