Suurdeeg klas / Sourdough brood

Loading Events
  • This event has passed.

Hierdie klas se fokus is om gesonde, preserveermiddel vrye produkte te vervaardig met ouskoolse tegnieke soos suurdeegplantjies of te wel Sourdough. Gedurende die klas word jy geleer:
1. Maak en instandhouding van plantjie (Levain).
2. Bakkerspersentasies word geleer.
3. Knie en maak van ‘n hoë hidrasie (ciabata, foccacia) en lae hidrasie (baugette en gevormde brode) deeg soorte.
4. Broodbak probleme met antwoorde hanteer.
5. 10 gebooie van broodbak.
6. Hoe om self gewone broodresepte om te skakel na suurdeeg.
7. Die brode wat in die klas gemaak word gaan saam huistoe.
8. Werk eksklusief net met Eurekamills steengemaalde meel.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf, ligte ete en verversings.

 

 

Alle klasse begin stiptelik om 09h00 en eindig om 15h00.

Plek:
Bos en Berg Guest Farm vir kleiner groepies, Van Gaalen Kaasplaas (800m vanaf Bos en Berg Guestfarm) vir groter groepe. U sal ‘n week voor die klas aangebied word rakende die venue in kennis gestel word wanneer u nota’s gestuur word.

Voorwaardes:
‘n Formele registrasie dokument moet ingevul word en aan Annelien Pienaar Voedsel Konsultant gestuur word met u deposito bewys.

KOSTE & NAVRAE
Print Friendly, PDF & Email