Sourdough brood werkswinkel

Loading Events
  • This event has passed.

In die klas leer jy om ‘n suurdeeg plantjie te begin en te onderhou vir enige gebak. Werk met twee tipes deeg: Hoë hidrasie deeg en lae hidrasie deeg. Franse Baugette, Epi, Fougasse asook Ciabata.

Bakkers persentasies en alle verwante terme asook internasionale standaarde in detail hanteer in klas. Gesondheidspraatjie oor gluten en ander voedsel allergieë. Alle gebak gaan saam huis toe. Bring koelhouer vir die vervoer van suurdeeg plantjie met ysblok.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf word, suurdeeg plantjie. Die kursus het twee prys strukture: met of sonder Bakkers gerei. Bakkers mandjie (banneton), bakkers lappie (couche), deeg skraper vorm deel van die volledige pakket

Studente wat die klas voltooi het kry ook toegang tot die Secret Sourdough with Annelien Pienaar op Faceboek. Hierdie forum word gebruik om saam na nuwe tegnieke, probleme, vrae met antwoorde te kyk. Die sourdough forum groei goed en die doel daarvan om mense verder te ontwikkel.

Alle klasse begin stiptelik om 09h00 en eindig om 15h00.

Plek:
Bos en Berg Guest Farm vir kleiner groepies, Van Gaalen Kaasplaas (800m vanaf Bos en Berg Guestfarm) vir groter groepe. U sal ‘n week voor die klas aangebied word rakende die venue in kennis gestel word wanneer u nota’s gestuur word.

Voorwaardes:
‘n Formele registrasie dokument moet ingevul word en aan Annelien Pienaar Voedsel Konsultant gestuur word met u deposito bewys.

KOSTE & NAVRAE
Print Friendly, PDF & Email