Kaasmaak werkswinkel

Loading Events
  • This event has passed.

Hierdie is ‘n kursus wat oor twee dae strek. Hierdie klas is nie ‘n demonstrasie klas nie. Jy kry jou potjie en roer self! Ons werk in groepies van twee-twee. Ek het ‘n leemte in die mark gesien en groot aanvraag van die stokperdjie mark vir ‘n gekombineerde klas. Die produkte wat gemaak word kan op klein skaal tuis gemaak word en enige persoon kan kaas maak…ja, selfs my 12 jarige seun maak al sy eie kaas!

Ekstra resepte word verskaf vir sagte kase soos Quark, Kefir, Paneer om self tuis te toets.

Dag 1: 09h00 – 15h00

Yoghurt: Gestabiliseer soos in die winkel en gewoon.
Karringmelk
Feta: Geur met kruie, set in pype, inkubeer
Colby (kom ooreen met Cheddar en Gouda prosesse)

Dag 2: 09h00 – 15h00

Feta, sny en brining
Colby: Ontvorming, brining
Haloumi
Mozzarella
Labneh of Maaskaas (leer tegnieke vir dreinering)

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf, ligte ete en verversings.

Kaasmaak stelletjies kan direk vanaf die verskaffer bestel word. Dus, is dit nie in die klasfooi ingesluit nie.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf, ligte ete en verversings.

Alle klasse begin stiptelik om 09h00 en eindig om 15h00.

Plek:
Bos en Berg Guest Farm vir kleiner groepies, Van Gaalen Kaasplaas (800m vanaf Bos en Berg Guestfarm) vir groter groepe. U sal ‘n week voor die klas aangebied word rakende die venue in kennis gestel word wanneer u nota’s gestuur word.

Voorwaardes:
‘n Formele registrasie dokument moet ingevul word en aan Annelien Pienaar Voedsel Konsultant gestuur word met u deposito bewys.

KOSTE & NAVRAE
Print Friendly, PDF & Email