Geskenke uit jou Koskas: Gelatienwerk

Loading Events

Geskenke uit jou koskas vir Kersfees bied aan: ‘n demonstrasie oor spesiale koeke en geregte met gelatien as basis vir die feesseisoen. Gelatien is ’n onderwerp wat baie mense vermy en tog so mooi om met gestolde produkte te spog. Daar word ’n kaaskoek, panna cotta en aspiek demonstreer. Daarna kuier en klets almal saam en proe aan die dag se demonstrasie stukke. Tafel dek idees word uitgeruil vir Kersfees asook spyskaarte bespreek. BKT se voorskoot asook ’n geskenkpakkie van Eureka Mills vorm deel van die dag se bederf.

Alle klasse begin stiptelik om 09h00 en eindig om 13h00.

Plek:
Bos en Berg Guest Farm vir kleiner groepies, Van Gaalen Kaasplaas (800m vanaf Bos en Berg Guestfarm) vir groter groepe. U sal ‘n week voor die klas aangebied word rakende die venue in kennis gestel word wanneer u nota’s gestuur word.

Voorwaardes:
‘n Formele registrasie dokument moet ingevul word en aan Annelien Pienaar Voedsel Konsultant gestuur word met u deposito bewys.

 

Koste: R450 per persoon
Print Friendly, PDF & Email