Bloemfontein Suurdeegklas / Sourdough class

Loading Events
  • This event has passed.

Suurdeeg brood word gemaak in die klas. Twee tipes deeg word gemaak in die klas. High hydration en Low hydration deegsoorte. Beide deegsoorte maak nie saak watter koringmeel jy gebruik, het sy eie unieke manier van knie, opmaak en bak. Koue fermentasie prosesse word hanteer asook alle gesondheidsaspekte rondom kolon, allergië en konsentrasie probleme. Voer en instandhouding van suurdeegplantjie word gedek asook die bakkerspersentasies om eie resep ontwikkelling te doen. Verder word drie style van rys hanteer naamlik: Suurdeeg, kombinasie van suurdeeg en gis asook gis. Na afloop van die kursus sal u instaat wees om tussen die verskillende deeg tipes te onderskei, die hantering daarvan, bakkerspersentasies uit te werk en ook gesonder te leef.

Alle klasse begin stiptelik om 08h00 en eindig om 15h00.

Plek:
Liedjiesbos, Gastehuis en Venue, Bloemfontein.

Voorwaardes:
‘n Formele registrasie dokument moet ingevul word en aan Annelien Pienaar Voedsel Konsultant gestuur word met u deposito bewys.

KOSTE & NAVRAE
Print Friendly, PDF & Email