BKT klets-kombuis

BKT klets-kombuis

Hierdie week het verby gespoed en tyd staan vir niemand stil nie. Dit is oral in die winkels nou bekend dat die feestyd stadig maar seker besig is om aan te breek. Tans is dit my jaarlikse beplanning vir my Geskenke uit jou Koskas projekte. Ek doen een by ons plaaslike ouetehuis, spesiale skool vir fisiese gestremdes en dan ook by ’n plakkerskamp nader aan Kameeldrif. Die idee is om iets tuisgemaak te gee, niks gekoop of duur nie…net gee omdat jy iemand wil spesiaal laat voel. Punt is, om te gee is nie ‘’n kuns, maar die kuns kom daarby in dat jy dit gee sonder voorbehoud.

Hoop jy is ook in rep en roer om te begin met spesiale geskenke uit jou kaste. Dan het ek ook die laaste van die klasse vir 2017 gelaai en ek kan nie glo die jaar is om. Maak solank ‘’n knoop in die oor dat daar ‘’n groot kompetisie vir BKT lesers afskop middel November. Vêrder kom ek kuier in die skone Kaap 11 Maart by die Woordfees, Saterdag om 14h00 met ‘’n uur lange kookdemonstrasie.

BKT groete Annelien

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-10-27T14:58:28+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Sari Gray October 28, 2017 at 9:06 am - Reply

    Ai Annelien jy is ‘n wonderlike mens met ‘n groot hart. Sterkte met al jou projekte

    Groete

    Sari

    • Annelien October 30, 2017 at 3:10 pm - Reply

      Sari Gray xxxA

Leave A Comment