Outydse Groenbone bredie Twist

Outydse Groenbone bredie Twist

Elke huis in ons land ken groenbone en saam met ‘n Sondag maal is hierdie gereg onontbeerlik. Hierdie gereg het sy ontstaan gehad vanweë my een kind wat van kleins af ’n probleem gehad met met gladde tekstuur kosse. Ek het net eenvoudig die bestanddele heel gelaat en beter met gaarmaak metodes beplan.

1 kg groenbone in 4 cm lengtes gesny
1 groot ui, in ringe
4 aartappels in blokkies van 2 cm x 2cm gesny
1 liter water
1 hoender aftreksel blokkie
¼ k sesam saad
4 e botter

Kook aartappels tot halfpad gaar en voeg die groenbone en uie by en kook tot die aartappels net-net gaar is maar nie pap. Skep uit en dreineer.

Meng botter en sesam saad by die groete mengsel en roer versigtig om aartappel nie fyn te maak. Skep in opdien bak en hou warm tot bediening.

Porsies: 6
Bron: Annelien Pienaar, 2017, Boerekos met ‘n Twist

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-10-26T14:49:05+00:00 0 Comments

Leave A Comment