Tuna en Oyster sampioen quiche

Tuna en Oyster sampioen quiche

Wanneer jy op kort kennisgewing vinnig ‘n happie moet voorberei vir gaste is hierdie maklike quiche net die ding om die knop op jou maag te stil. Die tuna kan moet snoek, stokvis, crabsticks of haddock vervang word om variasie te gee. Verder kan enige sampioen vir hierdie tert gebruik word. Ek het ‘’n hele krat Oyster mushrooms persent gekry en dit gedroog: plaas die heel sampioene op koerantpapier en plaas in kartondoos en maak met gaas toe…laat vir 3 dae droog. Plaas in ‘’n sakkie en rol fyn met koekroller. Stoor in lugdigte houer in die yskas vir 12 maande. Knippie rysmeel sal die vog weghou in die houertjie. Gewone sampioene kan ook gedroog word. Sien die artikel op my webtuiste oor Droog van Sampioene.

Kors
1 k cheddar kaas, gerasper
110 g margarien of botter gerasper
140 g (1 k) koekmeel of gluten free meel van Natures choice

Plaas bestanddele in voedselverwerker en meng tot soos brood krummels lyk. Druk in 20 cm x 30 cm pan.

Vulsel
3 blikkies tuna
250 g spek vleis uitgebraai
2 groot uie in ringe gesny
2 e koekmeel of amandel meel (gluten vry)
½ k gedroogde sampioene of 400 g sampioene van keuse
6 eiers
1 e dill tippies (Cape Herb & Spice)
250 mℓ room
Sout en peper na smaak

Voorverhit oond na 180 ℃. Braai die spek tot bros, haal uit en hou eenkant. Braai uie en sampioene in dieselfde pan tot al die vog verdamp het.

Meng al die bestanddele saam en giet in voorbereide kors en bak by 180 ℃ vir 45 minute.

Geniet

Bron: Annelien Pienaar, Oktober 2017
Porsies: 8

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-10-21T05:21:30+00:00 0 Comments

Leave A Comment