Gesnyde blomme tonikum

Gesnyde blomme tonikum

My moeder het ‘n groen hand gehad en alles in haar tuin het geblom, vrugte gedra en mooi gelyk. In moeder se dae was daar nie die luukse van middels wat blomme langer laat hou het nie.

Ek ontvang die mooiste bos rose en nog ‘n bos gemengde blomme. Die rose se koppe hang die volgende dag en ek dink toe dat dit nek omdraai is vir hulle en die blare nou maar droog. ‘n Stemetjie sê vir my ek moet ma se tuin resepte boek bydam. In haar netjiese regop handskrif staan die resep geskryf. Koorsagtig soek ek die bestanddeel en begin meng. Sny en gaan te kere. Glo vir my as ek vertel…binne 3 ure het die pap koppe pen orent gestaan.

Nou het ek my viagra vir gesnyde blomme gekry!

Resep
1 liter koue water
1/2 t elektroliete (Rehydrat of soortgeluke produk)

Meng alles met mekaar. Sny die blomme se stingels ongeveer 2 cm onder water af. Dit help dat die vloeistof weer vrylik kan vloei. Ruil die water elke tweede dag met die oplossing. My blomme hou 2-3 weke afhangend van die tyd van die jaar.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-10-16T13:55:41+00:00 0 Comments

Leave A Comment