Bacon Jam

Bacon Jam

Bacon jam is ‘n nuutjie wat tans sy kop uitsteek. Die Bacon jams wat ek al geproe het, het nie my laat “oe” en “ah” nie. Ek het ingespring en begin proe en meng totdat ek ‘n balans gekry het tussen die suur, soet en kruie komponent om iets pikant op te tower. My huis mense het die bak met hul vingers uitgelek nadat ek dit voorgesit het met Biltong koekies. Sien resep op die webtuiste onder Fyngebak.

500 g gesnipperde spek
3 e olyf olie
500 g uie, fyngekap
100 g (½ k) sagte bruinsuiker (treacle, muscavado, damarera sal perfek wees)
125 mℓ (½ k) balsamiese asyn
125 mℓ (½ k) wit wynasyn
4 e heuning
½ t knoffel, fyn
2 e vars roosmaryn, fyngekap
½ t gerookte paprika
1 e mielieblom
50 mℓ water
peper na smaak

Braai die spek in ’n diep kastrol met olyfolie tot bros en uitgebraai. Braai dan die uie in dieselfde kastrol tot lig en deursigtig. Hou mielieblom en water eenkant. Voeg die res van die bestanddele by die uie en spek, kook by matige hitte tot verdik. Ongeveer 60 minute.

Maak mielieblom met water aan en meng tot glad. Voeg by die spek en kook vir 5 minute tot verdik.

Bottel warm en hou in yskas vir 4 weke.

Bedien met Biltong kaaskoek in die Boerekos met ‘’n Twist kookboek. Verder ook heerlik saam met die Spinasie en roommielie tert in BKT kookboek. Uitgegee deur Human en Rousseau.

Geniet.

Bron: Annelien Pienaar, 2017
Hoeveelheid: 2 x 375ml botteltjies.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-09-25T14:43:20+00:00 0 Comments

Leave A Comment