Hoender mayonnaise met ‘n Twist

Hoender mayonnaise met ‘n Twist

Hoender mayonnaise is een van my stapelvoedsel items in my huis. Met my honger Filistyne is hierdie vulsel altyd ’n wenner na skool of voor oefening. Ons gebruik dit nie net vir broodjies nie, maar ook saam met slaai gevulde wraps, tramezzini’s en ook pasta slaaie. Hierdie is een vulsel met vele aanwendings.

6 hoender filette
1 aftreksel blokkie
1 liter kookwater
1 seldery stingel, fyn gesnipper
1 ui, grof gekap
1 lourier blaar
1 e mosterd saadjies
1 t fyn knoffel

Kook die hoender borsies in die aftreksel met al die ander bestanddele tot gaar en sag. Haal die borsies uit die vloeistof en laat afkoel. Dreineer die vog en voeg die oorblywende uie by die borsies.

Sodra die borsies goed afgekoel het, vlok die vleis met ’n vurk om garinkies te vorm. Of jy kan blokkies sny, of met die voedselverwerker grof kap.

Voeg dan by:
1 k mayonnaise
3 e kondensmelk mosterd (loer op webtuiste vir resep)
1 t dill tippies
½ k gewone yoghurt of amasi
2 k fyn gesnipperde blaarslaai

Meng die res van die bestanddele by die hoender en gebruik dan as vulsel vir variasie van geregte soos uiteengesit. Die Aartappelsuurdeeg broodjie in Boerekos met ‘n Twist kookboek p. 132 of die Engelse muffin p. 134, is die perfekte pasmaat met hierdie vulsel.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Vinnige ligte etes.
Hoeveelheid: 4-6 porsies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-09-20T08:13:02+00:00 0 Comments

Leave A Comment