Geurige Bees stowe gereg met Klappermelk

Geurige Bees stowe gereg met Klappermelk

Taaivleis is een van die lekkerste snitte om te kook…ja, dink jy nou, hierdie vrou weet nie waarvan sy praat. Gewoonlik is dit die voorkwart se snitte wat taaier is omdat die dier se voorkant meer gewig moet dra tydens sy jare van eet. Dus, is die spiere oor ontwikkel. Punt is, dit is ook jou geurigste deel van die karkas en met die regte gaarmaak metode..wel, word dit boepenskos! Ek het vir julle in hierdie resep paar opsies gegee tov gaarmaak metodes. Geniet.

1 kg bees stowevleis, sonder been
5 e olyf olie
5 medium uie, ringe gesny
5 groot tamaties, ontvel
250 g bruin sampioene, in kwarte gesny
1 liter aftreksel
1 e fenegriek, sade (Natures Choice)
1 e gerookte paprika (Cape Herb ‘n Spice)
125 mℓ klapper room of –melk
1 e mielieblom
100 mℓ water
Sout en peper na smaak

Sny vleis in 2 cm blokkies en giet olyfolie oor die vleis en laat vir ‘’n uur staan om sag te word. Voorverhit ’n dik boom diep kastrol tot rook warm. Braai letterlik handjies vol vleis tot geseël aan alle kante…nie tot gaar. Dit word gedoen om die vleis sappe in te seel en ‘n sappige eind happie te verseker. Skep vleis elke keer uit vir die volgende sarsie. As daar sous vorm is die pan te koud en dan moet jy wag.

In dieselfde kastrol, braai die uie en sampioene tot glansend en vog weg is. Terwyl dit braai verhit die aftreksel tot kokend warm. Voeg die warm aftreksel by die sampioene, tamaties en uie en roer totdat die kastrol se bodem skoon is en die souse vermeng het. Voeg die vleis by en kook tot sag oor matige hitte vir ongeveer 60 minute.

Variasie op gaarmaak tegnieke
Slow cooker: Volg eerste twee stappe en voeg dan al die bestanddele in slow cooker en skakel op high vir 6-8 ure. Daarna, souse en geurmiddels by en nog 30 minute om te verdik.

Potjie oor die kole: Volg resep soos geskryf

Oond bak: Volg eerste twee stappe. Plaas in oondvaste skottel met dig passende deksel. 170℃ vir 2 ½ ure…volg resep en sous by vir 20 min om te verdik.

Nadat die vleis sag genoeg is word die res van die bestanddele met die water gemeng tot ‘n pasta. Roer by die kokende mengsel en laat deur kook om te verdik.

Bedien met Stampmieliegereg uit Boerekos met ‘’n Twist se kookboek op p.58 en dan ook ouma Hantie se Knoffel roomsous p.24 by die Souserige vleis. Vir soet heerlike pampoen soufflé.

Geniet!

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Vleisgaarmaak tegnieke klas 2015
Hoeveelheid: 4-6 porsies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-09-20T15:23:37+00:00 4 Comments

4 Comments

  1. Elmarie de la Rey September 20, 2017 at 2:51 pm - Reply

    Dis nie vir my duidelik wanneer die vyf tamaties bygevoeg word by die Beesvleis met Klappermelk nie?

    • Annelien September 20, 2017 at 3:24 pm - Reply

      Hallo Elmarie, lekker om van jou te hoor. Jy voeg die tamaties by die sampioen gedeelte. Lekker eet! Groete Annelien

  2. Louzanne September 26, 2017 at 5:39 am - Reply

    Ek vind nerens maar nerens fenegriek nie!!

    • Annelien September 26, 2017 at 6:25 am - Reply

      Hallo Louzanne, gaan loer gerus vir Natures Choice se produkte by PnP, Spar, Checkers, Dischem se gesondheidsvoedsel se rakke. Jy sal dit dadelik herken as die deursigtige blou pakke met hul logo. Koop die saadjies. As daar nie Fenegriek is vra dat hul bestel. Verder kan jy by Pack ‘n Spice en Bakers bin ook kry. Groete en laat weet as jy reg gekom het. Annelien Pienaar

Leave A Comment