Aartappel en Groenbone gereg

Aartappel en Groenbone gereg

Ek maak hierdie gereg net as ek potgebraaide heel vleis snitte maak. Wanneer die vleis soos by skaapboud halfpad gaar is, voeg ek die gesoute aartappels by en laat dan gaar word. Daarna haal ek die vleis uit om te rus voordat dit gesny word. Ek voeg die boontjies en uie by en maak weer toe en bak verder vir 15 minute. Bak oop vir 5 minute en sprinkel met neute en ekstra sout indien nodig. Die pan sous is die perfekte geurmiddel vir die groente en geen verdere souse is nodig nie. Dreineer dan die oorblywende pan sous en maak ‘n vleissous soos op p.78 in Boerekos met ‘n Twist se kookboek.

500 g baba-aartappels, gewas en halveer
2 medium uie, ringe gesny
500 g boontjies, in repe gesny
Groente sout resep op p.211 van Boerekos met ‘n Twist se kookboek of enige ander groente sout.

Hoeveelheid: 6 porsies

Bron: Annelien Pienaar, Ouma-kos, 2017

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-08-29T05:22:51+00:00 0 Comments

Leave A Comment