Botterskorsie, Sitrus en Feta slaai

Botterskorsie, Sitrus en Feta slaai

Hierdie slaai kan koud bedien word of effens langer blansjeer word en as warm bykos bedien word in die plek van soet groente. Die botterskorsie spaghetti stukkies was vreeslik aanloklik gewees in die winkel en my die idee gegee om my botterskorsie slaai effens te Twist. My mense is gaande oor rou botterskorsie en selfs die byvoeging van feta tot hierdie gemarineerde pampoen is ongelooflik. Dus, gee ek ’n basis wat vele variasies by kan kry.

¼ k witwyn asyn
¼ k balsamiese asyn
1/4 k sagte bruinsuiker, treacle of demarera of muscavado
¼ k heuning
2 e marmelade
1 e vinkel saad (fennel)
¼ k olyfolie
250 g botterskorsie julienne-repies of spaghetti repies
½ k gekapte neute van keuse (gesoute pistasiet neute in foto)
½ k fetakaas (opsioneel)
4 takkies roket blare

Voeg die asyn, witsuiker, balsamiese asyn, heuning, marmelade en vinkel saad by mekaar in ‘n kastrolletjie. Kook dan die mengsel vir ongeveer 10 minute tot verminder. Giet die warm sous en olyfolie oor die botterskorsie en bedek om te marineer oornag of vir ‘n uur. Roer goed deur en draai die mengsel van tyd tot tyd.

Voor opdiening sprinkel met neute, fetakaas en roket blare.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Breinkos klas
Hoeveelheid: 4-6 porsies

 

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-08-28T09:35:49+00:00 0 Comments

Leave A Comment