Varknek rol

Varknek rol

My pa se bynaam was “Wit Gert” op Skeerpoort omdat daar soveel Gerte was. Maar een ding was verseker, die man kan kook. As daar wildsfeeste by die skool was, is hy gevra om die potte te maak en die spitbraaie. Mense het van ver gekom om sy kos te proe. Hy het altyd dat my ma hierdie voorbereiding met die vark doen, en ja dit klink na werk, maar die eindresultaat is net onbeskryflik heerlik! Hier het ek die resep aangepas vir ‘n heerlike vark nek rol.

DAG 1
1.5 kg varknek ontbeen en oop gevlek
1 kop karringmelk

Vryf die varknek met die karringmelk in en laat oornag staan in plastiek houer.

Die karringmelk breek van die bindweefsel af om 2 dinge te doen.
a. Die vleis sagter te maak,
b. Sodat die Appletizer of Hunters makliker in die vleis gespuit kan word.

DAG 2
MARINADE
500 ml appelkoos konfyt
50 ml suurlemoensap
100 ml olyfolie
100 ml woestersous
50 ml gemmer wortel – vars gerasper
25 ml roosmaryn – vars of droog
50 ml geel mosterdsaad – opsioneel
50 ml knoffel – fyn gekap – opsioneel
1 blikkie crushed pynappel – dreineer en hou sap eenkant
100 ml heuning
100 ml sagte bruinsuiker
500 ml Hunters (Apple Cider) of Appletizer
1 ml “Liquid smoke”, die goed is baie sterk en kan ‘n bitter nasmaak gee
sout en peper na smaak

Skraap meeste van die karringmelk af, moenie die vleis afspoel nie.

Meng al die bestanddele saam en hou die pynappel sap eenkant om met die Apple cider of Appletizer gemeng te word.

Meng al die bestanddele saam en vryf oor die oopgevlekte nek.

Rol die nek op en bind vas met ‘n tou en laat weer vir paar uur staan. Gedurende hierdie tyd kan jy die vleis spuit met die gemengde pynappel sap en Cider van keuse. Gebruik net die helfte van die vloeistof.

Draai liggies in foelie toe en braai oor kole, spit of in die oond vir 1 uur. Spuit deur die foelie die vleis met die Cider mengsel. Die laaste 10 minute, verwyder die foelie en braai dit oor die oop kole.

Laat die rol eers rus voordat jy dit oopsny.

Sny die rol in skywe en braai verder oor die kole en verf met oorblywende marinade en Cider.

HOEVEELHEID: 1.5 kg vleis vir 8 persone.

Bron: Annelien Pienaar, Vleisverwerkings klas, 2017

 

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-08-02T09:25:49+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Dorothy Marais August 6, 2017 at 6:27 am - Reply

    Hierdie varknek resep klink heerlik gaan dit volgende week probeer, verseker!

    • Annelien August 6, 2017 at 5:45 pm - Reply

      Jy moet geniet en kom spog asb op FBoek by BKT se groep. Groete Annelien

Leave A Comment