Seekos Chowder

Seekos Chowder

Ietsie luuks vir jou vriende wat kom kuier of sommer net omdat jy dit verdien. Hierdie heerlike Seekos roomsop is net die regte ding vir ‘n kuiertjie met vriende en tuis gebakte brood wat met knoffelbotter gerooster word. Geniet.

700 g aartappels, geskil, blokkies
1 kg gemengde seekos
500g mossels
125 g streepspek, gekap
30 mℓ (2 e) olyfolie
1 medium ui, fyngekap
2 seldery stingels, fyngekap
45 mℓ (3 e)vars tiemie, gekap
30 mℓ (2 e) dill vars, gekap of gedroog 1 e
45 mℓ (3 e) koekmeel of rysmeel
600 mℓ hoender aftreksel
750 mℓ chardonnay (goeie kwaliteit)
2 lourier blare of suurlemoen blare
250 mℓ room of klappermelk of -room

Kook aartappels in water tot sag en gaar. Was die mossels paar keer deur eers te week in water en dan paar keer goed te spoel. Oop mossels moenie gebruik word asook mossels wat nie oopmaak nadat dit gaargemaak is. Kook ½ k water en plaas die mossels daarin. Sodra oop verwyder van hitte en laat afkoel. Haal 6 mossels uit vir garnering. Res, verwyder die mossels en plaas eenkant vir sop vulsel. Behou pan vog.

Braai die spek tot bros met olyfolie en voeg die uie en seldery by. Plaas deksel op pan en braai vir 5 minute. Voeg die tiemie en dill by en braai weer 2 min. Voeg dan die meel by en braai vir 2 minute.

Voeg die pan vog, hoender aftreksel, lourierblare en wyn in aparte diep kastrol en bring tot kookpunt.

Voeg dan van die kokende vloeistof by die spek en uie pan en kook vir 10 minute. Voeg die fyn gedrukte aartappels en seekos mengsel by en kook vir 10 minute. Voeg dan die gaar mossels by en kook vir 2 minute. Laat sop effens afkoel en roer dan die room by.

Bedien dadelik.

Bron: Annelien Pienaar, 2017
Hoeveelheid: 4-6 porsies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-08-05T18:26:02+00:00 0 Comments

Leave A Comment