Botterskorsie en Klapperroom sop

Botterskorsie en Klapperroom sop

Botterskorsie is ‘’n veelsydige groente wat as soet en sout bedien kan word. Hierdie sop is effens soeterig en geen versoeter word gebruik. Die natuurlike soetheid van die botterskorsie met die klappermelk, komplimenteer mekaar baie goed.

1 kg botterskorsie, geskil en in blokkies gesny (buttenut)
1 groot ui, fyngekap
2 seldery stingels, fyngekap
4 e olyfolie
1.5 liter groente aftreksel
250 mℓ klappermelk
100 mℓ room (opsioneel)
¼ t kaneel
¼ t fyn gemmer
Sout en peper na smaak

Braai die ui, seldery eers liggies in olyfolie en voeg dan die botterskorsie by in ’n diep kastrol. Braai vir ongeveer 5 minute om die natuurlike soetheid van die botterskorsie uit te bring. Voeg dan die aftreksel by en kook die mengsel totdat die botterskorsie baie sag is. Soms neem dit 20 min en soms 45 minute afhangende van die varsheid van die botterskorsie.

Puree die botterskorsie en aftreksel mengsel. Vryf dan deur sif om ’n ekstra gladde tekstuur te verkry, indien jy haastig is, kan hierdie stap oorgeslaan word. Voeg dan die res van die bestanddele by en verdun sop indien dit te dik is met bietjie water.

Hierdie sop kan ook in die Prutpot (slowcooker) gemaak word en neem ongeveer 4 ure op hoog.

Hierdie sop is ook vries vriendelik.

Croûtons
Ouer brood maak beter croûtons en ek verkies om ongesnyde brood vir hierdie takie te gebruik. Indien jy tydsberekening jou in die steek laat, kan jy die brood in die vrieskas sit vir ongeveer 3 ure en dan met ‘n broodmes in blokkies sny.

Voorverhit olie na 150 ℃ of wanneer die blokkie in die olie gesit word moet dit dryf en borrel. Braai bruin en dreineer op absorbeer papier. Bedien by sop.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Soppe en souse werkswinkel
Hoeveelheid: 6 porsies

Hout kap plank gemaak deur: My Finerthings, Randfontein, Alida Du Plessis vir bestellings: 0837520705

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-07-25T05:54:10+00:00 0 Comments

Leave A Comment