Aartappel bondeltjies

Aartappel bondeltjies

Van al die groente soorte is die aartappel seker die koning der konings. Die gebruike en aanwendings legio. In hierdie resep word die kappok aartappels gegeur met vars seldery blare en bloukaas en dan in balletjies gevorm, gevries en dan in n degie gebraai. Dit is my idee van ‘n Twist tot aartappel kroketten. Die resep kan omgeskakel word vir gluten allergië deur die meel in die beslag met kekerertjie of rysmeel te vervang. Hierdie is ook ‘n vrieskas vriendelike resep.

500 g gaar aartappel, gekook in jassie
100 g botter
2 eiers
4 e dill tippies
3 seldery stingels, se blare grof gekap
2 t sout
1 t swart peper, vars gemaal
Opsioneel: 100 g gorgonzola of bloukaas in gekrummel

Voeg al die bestanddele saam en maak fyn. Neem ’n 50 mℓ roomys scoop en meet die balletjies af. Met klam hande rol die aartappel balletjies in perfekte balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat. Vries die balletjies oornag of vir 6 ure.

Beslag
Onthou die meel gedeelte kan met kekerertjie (Chicpeaflour) of Rysmeel vervang word vir diegene wat gluten sensitief is.

1k Eureka steengemaalde koekmeel
5ml bakpoeier
1/2 t borrie
1 ml sout
200 ml melk
15 ml olyfolie

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits eier, melk en olie saam en meng met die droë bestanddele.

Klop die mengsel tot glad en laat rus vir 30-40minute sodat die stysel korrels kan uitswel en jou beslag nog dikker kan word.

Voorverhit ’n 3 liter kastrol met 1 liter olie tot 150℃ of toets gereedheid van olie deur ’n broodblokkie in te sit. As die blokkie dadelik opkom en dryf is die olie gereed.

Haal die gevriesde balletjies uit en plaas een vir een in mengsel en haal met ’n sosatie stokkie uit en plaas in olie. Braai bruin aan beide kante. Plaas op dreineerpapier en bedien warm met Ouma Hantie se knoffelroom sous op p.24 van Boerekos met ‘’n Twist se kookboek. Of p. 200 vir die Pikante Soetrissie sous soos in die foto gesien.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Oupa se troue.
Hoeveelheid: ongeveer 50 balletjies afhangend van grootte

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-07-22T08:43:50+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Santie. July 22, 2017 at 4:30 pm - Reply

    Dit klink heerlik. Ek maak graag aartappelkroketten, en ook kaaskroketten – stapelvoedsel in Belgie. Dis basies ‘n baie dik kaassous ipv aartappel, verder dieselfde resep. Heerlik dekadent!

    • Annelien July 23, 2017 at 2:34 pm - Reply

      Man nou is ek nuuskierig…ek wil alles hoor…mail my. xxA

Leave A Comment