Weetbix-sade en Sitrus beskuit

Weetbix-sade en Sitrus beskuit

Na aanleiding van die goeie terugvoer rakende die Weetbix beskuit resep het ’n paar oulike Twists bygekom. Hugo van Wyk het die resep ’n heerlike sitrus twist bygesit en dit is fantasties! So, kom ons bak heerlike beskuit en wat ook gesond is vir ons hele gesin.

400 g (2 k) Treacle sugar
500 g (2 k) hoog vol Rama of Storke bake
500 mℓ (2 k) Amasi
3 groot eiers geklits
1 kg (7 k) koekmeel
20 mℓ (4 t) bakpoeier
5 mℓ (1 t) koeksoda
5 mℓ (1 t) sout
5 mℓ (1 t) kaneel
300 g Weetbix stafies, grof gebreek
80 g (1 k) hawermout (oats pap)
150 g (1 k) gemengde sade (pampoen, sesam, papawersaad)
1 lemoen of suurlemoen se skil gerasper

Smelt die botter en suiker saam in mikrogolf oond. Moenie kook nie, net smelt. Laat afkoel na kamertemperatuur. Voeg dan geklitste eiers en Amasi by.
Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel saam, saam drie keer. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur.

Voeg die gesmelte botter mengsel by die droë bestanddele en werk versigtig om nie die mengsel te oorwerk nie. Dit veroorsaak dat jy ‘’n harde beskuit kry. So, meng net totdat die droë dele nat is.

Druk in 35 cm x 45 cm pan en sny vooraf in vingers. Bak vir 40 min by 180 ℃. Laat goed afkoel voordat die vingers deurgesny word. Droog by 110 ℃ vir 3-5 ure.
Laat beskuit goed afkoel voordat dit in lugdigte houers gestoor word.

Hoeveelheid: 70 vingers ongeveer.
Bron: Hugo van Wyk se Twist op Annelien Pienaar se basis van Weetbix beskuit, 2017
Foto: Hugo van Wyk, 2017

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-07-18T20:44:00+00:00 0 Comments

Leave A Comment