Tamatie konfyt

Tamatie konfyt

Watter tamaties is geskik vir konfyt kook? Wel daar is soveel op die mark dat daar nie meer regtig ‘n reêl is nie maar ek hou by my beeshart en jam tamaties, maar ek het met die resep al gewone tamaties gekook en ook kersie tamaties net so heel gebruik, dus eksperimenteer maar.

Om snipper konfyt te maak, kan die tamaties eers geblansjeer word en die velle verwyder word en dan dadelik gekook word, dan het dit nie nodig om deur die kalk proses te gaan nie.

1 kg suiker tot 1 kg tamaties tot 0.5 liter water tot 30ml suurlemoensap vir (ryp tamaties), toontjie gemmer

1 kg suiker tot 1 kg tamaties tot 1 liter water tot 30ml suurlemoensap (groen tamaties), toontjie gemmer

METODE
1. Gebruik stywe konfyt tamaties. Prik die tamaties en sny kruisies by die stingel ent. Bepaal die massa van die tamaties.

2. Laat die ryp tamaties vir 20 minute in koeksoda water staan. Laat die groen tamaties oornag in die oplossing staan. Die oplossing wat jy maak is 45 ml koeksoda op 5 liter water.

3. Los die suiker in die water op oor matige hitte en kook dan vir 5 minute met die gemmerwortel skyfies, voordat die tamaties bygevoeg word.

4. Kook die tamaties matig vinnig totdat helder en deurskynend.

5. Laat rus vir 10 minute of die suiker termometer 90 ˚ C bereik.

Variasie: Jy kan chillies by die resep in werk vir ‘n kombinasie jam. Ek voeg 5 Rooi chillies vir elke 1 kg tamaties gebruik by. Jy kan meer chillies bysit, maar dit bly jou keuse hoe warm jy dit wil hê.

Lewer: 4 – 6 x 375ml botteltjies.

Bron: Annelien Pienaar, Jam 101 klas

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-07-14T06:48:31+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Stephanie van Niekerk July 26, 2017 at 6:16 am - Reply

    More Annelien, sjoe ek soek al so lank na ‘n lekker tamatie konfyt resep, ek gaan beslis die een van jou probeer. Dit lyk ongelooflik lekker.

    Ek scroll nog deur jou resepte, alles lyk smul lekker.

    Baie dankie vir ‘n puik blad.

    • Annelien July 26, 2017 at 1:24 pm - Reply

      Geniet jou kuiertjies met my BKT resepte. Groete Annelien

Leave A Comment