BKT klets-kombuis

BKT klets-kombuis

Photographer Hanneri de Wet

Wat ’n opwindende week met BKT se kookboek wat die rakke in Suid-Afrika getref het. Die Twisters wat reeds die boek bekom het, is almal baie positief en besef dat hierdie nie net ‘’n resepteboek is nie, maar ’n handleiding vir oplossings met al die kopkrappers in die kombuis. Graag wil ek vir NB uitgewers bedank vir die wonderlike geleentheid om hierdie boek vir hulle te kon gee en dit vir julle beskikbaar te stel. Dan het ek nog ‘n vriendin ryker geword, Lindy Samery, my uitgewer, wat net soos ek, baie puntenerig is. Ons het wonderlik saamgewerk en kon reguit vir mekaar sê as ’n konsep nie gaan werk nie. Dit was ’n reis wat in my gees gegrafeer is. Dan ook aan mense soos Johan van Zyl en Peter van Noord wat die boek se voorwoord gedoen het en die essensie van die boek op die agterblad so presies saamgevat het. Johan en Peter is die uitgewers van die Weg Platteland tydskrif. Dan aan Carolie de Koster, my mentor en vriendin…dankie vir jou insetsel oor BKT asook Nina Tim wat altyd met raad en daad ten opsigte van besigheid my gehelp het. Dankie, vir kosvriende wat weet hoe moeilik en ook maklik die reis kan wees met eerlike mense wat jou hand neem en stap. Die fotograwe Hanneri de Wet en Myburgh du Plessis vir die vertolking van my kos deur die lens van julle kamera’s. Alles was net een groot fees.

Ongelukkig kan mens nie ryk word uit boeke publiseer nie. Ja, ons skrywers kry ‘n baie, baie klein persentasie, minder as 15% vir elke boek wat verkoop. Maar as jy moet weet wat ingaan in die publikasie van die boek en dat dit oorsee in Maleisië of China gedruk word, sal jul verstaan hoekom so min oorbly. Sal ek weer so iets aanpak? Ja,! Hoekom as die geld dan so min is? Weet nie, maar die inligting moet genotuleer word vir my kinders, dan hoekom nie vir julle ook dit gee!

Diegene wat getekende kopie wil hê kan direk by my bestel. Andersins kom ek bietjie kuier in hoof dorpe soos Nelspruit, Bloemfontein, Namibië en as julle my daar wil hê…kom ek kuier en teken jou boek al het jy reeds een gekoop. Baie, baie dankie vir julle positiewe ondersteuning…en onthou…sonder julle sou daar nie ‘’n BKT gewees het.

 

BKT groete

 

Annelien

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-07-14T06:41:15+00:00 0 Comments

Leave A Comment