BKT Klets-kombuis

BKT Klets-kombuis

Vanuit die BKT Klets-kombuis is daar soveel om te vertel en die tyd te min! Die BKT reis na die Kaap het tans goed verloop. Besoeke aan klein dorpies gedoen en alle hoof roetes vermy. Sommige dorpies is goed versorg en skilderagtig mooi en dan kry jy plekke wat absoluut aan verval is. Die mooiste ou kerke wat beter dae gesien het en stads saals wat besig is om te verwelk. Ons het ‘’n mooi land, ’n land met vele landskappe en kulture van sy eie. Ek is dankbaar vir die feit dat my gesin hierdie keer saam met my kan reis en die mooi kan beleef.

 

Vir hierdie week se nuusbrief is daar vinnige en maklike padkos happies vir julle ingesluit. Die Klapper-Karringmelk beskuit resep is vinnig, goedkoop en maklik om te maak. Hierdie resep kan aangepas word indien jy nie hou van klapper nie. Daar is die ou Rice Krispie koekie van toeka se dae wat enige Jan Rap en sy maat aan mekaar kan slaan en ook nie ‘’n arm en been kos nie. Dus, geniet jul naweek en lekker bak.

 

BKT groete

 

Annelien

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-07-07T03:44:35+00:00 3 Comments

3 Comments

  1. Santie July 8, 2017 at 4:10 pm - Reply

    So jammer, dat ons land se skatte so verlore gaan. Dit is iets wat my aangryp in Europa, hoe mense die oue probeer behou en bewaar so lank hulle kan, en tog so modern saam met dit lewe.
    Tyd saam met jou gesin: onmeetbaar waardevol! Eindelik kan hulle sien wat jy doen wanneer jy “verdwyn” om te gaan werk!
    Ek geniet jou gesels, wens altyd ek was deel van jou klas. 😀
    Mooiloop!

    • Annelien July 9, 2017 at 12:03 pm - Reply

      Eendag gaan jy in SA by my kom kuier en ek weer by jou. Ons gaan nooit slaap en baie klets voorwaar. Liefde Annelien

  2. Santie July 9, 2017 at 2:56 pm - Reply

    😁

Leave A Comment