BoereKosTwist Klets kombuis

BoereKosTwist Klets kombuis

Photographer Hanneri de Wet

Hallo Twister. Dankie, vir al die lekker kuiertjies op die BKT Faceboek blad. Ja, mens kan nie dit dink nie, maar mens voel soos familie. Hierdie afgelope maand het 4 van julle Twisters laat weet julle ondergaan mediese behandeling vir kanker. Glo vir my, ons almal dink aan julle en gebede word gesê. Mag die pad vir julle draaglik wees.

Ek gaan hierdie jaar ’n groot poging aanwend om vir julle in Suid-Afrika te kom kuier. Ek wil julle ontmoet en net kuier, my passie vir my beroep deel. Hierdie week wat kom is ek in die skone Kaap waar ek werkswinkels vir Platteland tydskrif aanbied in Durbanville. Klasse reeds stampvol en voel soos ’n droom. Daarna gaan ek weer terug en kuier in die Kaap met my boek die 29 Julie. Die venue is nog besig om gefinaliseer te word. Dit sal by ‘’n boekwinkel wees waar kinders ook welkom sal wees. Ek fokus nie op die media om te kom maar julle, my lesers te bederf. Dus, hou volgende week se nuusbrief dop vir finale reëlings. Die boek is twee weke vroeër as geskeduleer op die rakke…so ek glo menige van julle juig saam met my oor die goeie nuus. Jy is welkom om die boek by Exclusive books, Bargain books, Loot, Graffiti boeke, CNA en dan direk ook by myself te bestel. Oorsese lesers sal ook geholpe kan raak…kontak my direk om julle te verwys.

Volgende week is daar ‘n kompetisie vir een gelukkige leser wat geloods gaan word. Wakker wees en hoop jy wen: Getekende kopie van boek, voorskoot, Suurdeeg klas met toerusting en akkommodasie by my gastehuis. Waarde R3500.

Daarna gaan ek Namibië toe en 19 Aug tree ek op by Grootfontein Boerevereniging se Oesfees. Daarna gaan ek die Maandag 21ste Aug by Die Bookden in Windhoek ’n boekbespreking doen. Hoop om die Namibiërs daar te sien.

Ek kom kuier in Bloemfontein by Liedjiesbos die 15de en 16de September met ’n Suurdeeg klas en ook boekbespreking.

Oktober kom kuier ek vir drie dae by Aardklop met my boek saam met Herman Lensing. Details vir die drie dae sal teen begin September gefinaliseer wees.

Ek is nog besig met reëlings om by Milly’s in Machaddodorp te kom kuier asook Middelburg. So, baie dinge en min tyd.

Laaste maar nie die minste gaan Pretoria en Harties ook ‘’n kuiertjie kry…Ek sal volgende week venues vasgemaak het.

Seënwense

Annelien

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-30T14:27:54+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Vena Strauss July 3, 2017 at 6:59 am - Reply

    Baie dankie ek het so lekker gelees en is opgewonde oor al die vooruitsigte en nog meer op al die seëninge wat jou harde werk uitgestort word.

    • Annelien July 3, 2017 at 6:53 pm - Reply

      Hallo Vena, ek dink julle mense daar buite is die rede hoekom die sukses so inrol…sonder julle sou ek ‘n niks gewees het. DAnkie vir die vertroue in my werk en mag BKT se resepte jou elke dag inspireer. Liefde Annelien

Leave A Comment