Eureka Mills Nutty Quinoa brown bread

Eureka Mills Nutty Quinoa brown bread

Hierdie is ‘n ongelooflike vullende brood. My Filistyne reken dat een sny hul mae vol sit en ‘n tweede sny is oorbodig. Raklewe van hierdie brood is van nature lank (7 dae) en vries ook baie goed in skywe gesny. Die tekstuur is heerlik lig en klam, met die geur van heuning wat deur kom, komplimenteer dit die geroosterde meel se neutagtigheid. Indien jy dalk allergies is vir heuning, gebruik iets soos melasse stroop.

My idee van gesonde brood omdat die Quinoa ’n volkome proteïen is en al 9 essensiële aminosure bevat. Hierdie brood is dus hoog in proteïene en hou die bloedsuikervlakke konstant vir ten minste 3 ure. Vir diegene wat studeer is quinoa die perfekte brein kos en help met konsentrasie. Verder het die flax seeds ook ongelooflik baie omega olies wat die geleiding van impulse tussen breinselle verbeter en in standhou. Dus eet gesonde brood deur steengemaalde meel te gebruik. Onthou, steengemaalde meel het nie bleikmiddels soos peroksiede en bromate in nie, dus sal dit geen effek op die verteringskanaal hê nie. Kies beter met jou bestanddele sodat jou apteek rekening laer word!

500 g / mℓ (2 k) water
¾ k quinoa (Woolworths food en Natures choice reeks produkte)
420 g (3 k) EM bread flour
280 g (2 k) EM steen gemaalde Brown bread flour
5 e gemaalde flaxseeds
2 e kits gis
1 e sout
4 e heuning
2 e treacle sugar
375 g / mℓ (1 ½ k) melk
2 e botter, gesmelt

Plaas water en quinoa in mikrogolf vaste bak en kook vir 10 minute totdat die vog weg is. Roer met vurk om korrels los te kry. Laat afkoel tot lou.

Neem die bruinmeel en skud uit op ‘n bakplaat en bak by 180 ℃ vir 5 minute totdat dit soos roosterbrood ruik. Dit breek die komplekse suikers af en maak die meel meer verteerbaar. Skud meel dadelik uit in mengbak sodat dit ophou rooster.

Meng die broodmeel, bruinmeel, flaxseeds, kitsgis, sout en suiker saam en maak ’n holte in die meel. Meng die heuning, melk en gesmelte botter saam en gooi in holte van meel. Voeg dan die afgekoelde quinoa by en knie die mengsel vir 8 minute.

Laat deeg vir 30 minute rus. Na 30 minute, deel die deeg in twee en rol deeg langwerpig uit sodat dit in ‘n 19 cm x 10 cm pan pas. Rol deeg op soos rolkoek en plaas met soom na onder in die pan. Bedek met gesmeerde kleef plastiek en laat dubbel die volume rys. Wanneer iets dubbel die volume moet rys beteken dit dat jy ‘’n merkie moet maak waar die deeg ongeveer homself sou verdubbel het. Neem ‘’n sosatie stokkie en steek teen die kant van pan in. Maak merkie waar deeg se bokant is en verdubbel dit en maak merkie met meel om die verdubbel merk in pan te kry. Soms kan die temperature in die somer en winter van die een uiterste tot die ander gaan. Dus gee ek nie tyd aan nie, maar maak eerder ‘n visuele merkie.

As die deeg dalk te vêr rys sal dit platval in die middel wanneer dit gebak word. So, hierdie is al kwelpunt veral by die bruinbrode. Maar as jy die merkie gemaak het vir dubbel die volume sal dit goed gaan. Onthou dat die brood nog ‘’n verdere 2 vingers rys as dit bak. Dus, die brood sal hoër rys.

Sodra die deeg genoeg gerys het, plaas in voorverhitte oond van 180 ℃ en bak vir 60 minute.

Die brood is gaar as dit losgetrek het van die kante van die pan, dit ‘’n hol klank het as dit geklop word en mooi bruin is.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Suurdeeg werkswinkel klas.
Hoeveelheid: 2 brode van 19x10cm met hoogte 15 cm

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-29T19:08:51+00:00 0 Comments

Leave A Comment