Mikrogolf maklike Fudge

Mikrogolf maklike Fudge

Mens kom baie resepte tee wat net te wonderlik is vir woorde en dan…sit jy met iets wat nie wil styf word nie, of erger nog een homp kristalle. Hierdie resep kry my goedkeuring. Die tekstuur is super fyn en glad met die nodige romerigheid daarby. Onthou net dat jy net met ‘n deursigtige glasbak geskik vir mikrogolf werk hierdie projek kan maak. Plastiek gaan smelt en stel ook skadelike stowwe vry indien dit verhit word. Gebruik ook ‘n houtlepel vir die roer werk. Die roer is baie belangrik sodat al die suiker kristalle perfek oplos. Die rede vir die gebruik van die strooisuiker is eenvoudig dat jy vinniger by jou eind resultaat wil uitkom sonder te veel roer. Verder, indien jou mikrogolfoond dalk ‘n kol het wat brand kan gewone suiker brand en dit is ‘n nare smaak en jy moet weg gooi! Geniet.

420 g (2 k) strooisuiker
125 g (½ k) Botter (Bake Margarien is reg)
1 blik kondensmelk (385g)
5 ml (1 t) vanielje geursel of geursel van keuse
100 g (1 k) neute, sjokolade splinters soos Barone ens of 50g Milo (opsioneel)

Voeg strooisuiker, margarien en kondensmelk saam in ‘n mikrogolf veilige bak.

Mikrogolf die mengsel op hoog vir presies 3 minute. Roer die mengsel baie goed en deeglik deur sodat dit romerig word.

Mikrogolf vir ‘n verdere 7 ½ minute op hoog. Haal weer uit en klop baie goed. Toets bietjie van die mengsel op ‘n koue piering om die set te toets.

Nou kan jy besluit of jy ekstra goedjies wil byvoeg of net die tradisionele fudge wil maak.

Giet in vooraf gesmeerde bakplaat of glas bak van ongeveer 18x25cm.

Sny in blokkies net voor die mengsel te koud word, maar nog lou.

English version
420 g (2 cups) Castor sugar
125g (½ cup) Butter (Bake Margarine will be fine)
385 g Condensed milk
5 ml Vanilla extract or any other flavouring
100g Nuts, chocolate bits, Barone etc or 50g Milo, coffee granules etc. (optional)

Into a Microwave safe bowl add to it castor sugar, butter and condensed milk.

Microwave for 3 minutes at high. Remove from micro and beat with a wooden spoon to dissolve all the sugar granules and make it nice and fluffy.

Microwave for 7 ½ minutes at high. Remove from micro and beat with a wooden spoon until light and fluffy.

Add all the flavorings you want or leave the fudge as is.

Pour into a well greased baking sheet of about 18x25cm.

Let the fudge set until luke warm and pre cut, let it sit until firm before removing it from the bakingsheet.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Culinary Classes: boerekostwsit@gmail.com

 

2018-04-02T16:11:23+00:006 Comments

6 Comments

  1. neelsiect August 23, 2018 at 8:43 pm - Reply

    Annelien, in die ou dae het jy foelie (spesery) gekry, deesdae is alle name op die verpakking in engels. Wat is foelie nou? As ek google kry ek net die aluminium foelie.

    • Annelien August 24, 2018 at 8:46 am - Reply

      Foelie is Mace in Engels. Dit kom van die Nutmeg (neutmuskaat) se buitekant, dit lyk amper soos dik aartjies en word dan fyn gemaal. Die smaak selfde soos vir neutmuskaat en kan dus ook vervang word daarmee. Groete Annelien

  2. Hester van Heerden August 24, 2018 at 2:16 am - Reply

    BAIE dankie!

    • Annelien August 24, 2018 at 8:46 am - Reply

      Geniet en kom spog op FB. Groete Annelien

  3. Pieter meyer August 26, 2018 at 11:18 pm - Reply

    Diė resep is n wenner ek voeg n pakkie smarties by

    • Annelien August 28, 2018 at 7:59 am - Reply

      Hallo Pieter, dit klink mos nou na ‘n oulike plan. Ek gaan verseker vir die volgende entrepreneurs vir die Filistyne van my se verkoping smarties byvoeg. Groete Annelien Pienaar

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.