Bruin sous / Gravy

Bruin sous / Gravy

Bruinsous is wonderlik in die sin dat dit as sous op sy eie bedien kan word oor pasteie en ander vleis snitte soos boud vleis ens. Ek gebruik ook hierdie sous resep om my bredies mee te verdik in die plek van pakkies poeiers vol preserveermiddels en bestanddele wat nie gesond is. So, begin om jouself te leer om hierdie vinnige resep te maak. Indien jy dalk gluten allergies is kan koekmeel met mielieblom, aartappelmeel, tapiokameel of rysmeel vervang soos volg: 1/4 k

115g (½ k) Botter
70g (½k) Koekmeel
2k Aftreksel van die beesstert
5 Knoffel toontjies, fyn gedruk
Sout en Peper na smaak

Smelt die botter oor medium hitte en voeg die koekmeel by. Die mengsel is amper soos met die maak van witsous, maar ons gaan hier die botter en meel braai totdat dit soos roosterbrood ruik. Die kleur gaan ook karamelagtig word. Dus is ons besig om ‘n “blond” (nie grappies) te maak. Hoe langer jy die meel en botter braai, hoe donker die sous se eind produk.

Sodra jy die regte kleur bereik, voeg die aftreksel en knoffel by. Verhoog die hitte en roer met ‘n ballon klitser totdat die mengsel verdik het. Sout en peper na smaak.

Plaas klontjie botter op sous om velletjie te voorkom om te vorm.

Bron: Annelien Pienaar, Soppe en Souse klas, boerekostwist@gmail.com

Hoeveelheid: 600 ml sous

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-27T05:46:56+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Annette June 27, 2017 at 6:36 am - Reply

    Hi Annelien,

    As ek nie beesstert aftreksel het nie (watter soort gebruik jy?), kan ek ook beef aftreksel van Ina Paarman gebruik?

    • Annelien June 27, 2017 at 1:55 pm - Reply

      Jy kan enige aftreksel gebruik. Groete Annelien

Leave A Comment