Boerewors en Tamatiebredie

Boerewors en Tamatiebredie

Ek maak gereeld my “platsak legger” oop met resep idees wat ek bymekaar maak vir studentekos, wat gesond en bekostibaar is. Ek kommer my onnodig of die Filistyne as studente eendag self sal regkom. Dan begin my kop vinnige planne aanmekaarslaan wat min tyd in beslag neem en goedkoop is. Soms is daar stukkies boerewors oor na ‘n braai en dan wil jy die ete effens rek met ‘n heerlike sousie saam met die wors. Ons as gesin geniet hierdie ete op ‘n Sondagoggend voor kerk saam met growwe mieliepap of ‘n dik sny tuisgebakte brood waarvan die sous so lekker intrek. Ek het ook hierdie worsie gereg as vulsel in omelet gebruik en die Filistyne was gaande daaroor asook pasta. Hierdie resep kan as basis vir baie stysels gebruik word! Dit het my letterlik 15 minute geneem om te maak.

500 g gaar boerewors, in ringe gesny
1 blikkie, 410 g geblikte tamatie en uie smoor
20 mℓ tamatie puree
8 vars basilie blare, fyn gesnipper
1 t knoffel, fyn gedruk
½ t mosterd poeier
½ t kerrie poeier
1 t mielieblom aangemaak met 4 e water
Sout en peper na smaak

Verhit die tamatie mengsel en voeg al die bestanddele by en roer goed deur. Voeg die wors by en kook totdat die mengsel verdik het.

Bedien op growwe mieliepap.

Porsies: 4
Bron: Annelien Pienaar, 2017, Studente kos klas

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-26T15:42:29+00:00 0 Comments

Leave A Comment