BKT Kletskombuis

BKT Kletskombuis

Hallo Twisters.

Vanuit die BKT kletskombuis gaan dinge sommer klopdisselboom. Julle het seker nou al gesien die BKT kookboek word op Loot aanlyn verkoop. Boeke gaan teen 18 Julie ook op die rakke beskikbaar wees. Verder sal ek julle ophoogte hou van die ander winkels bo en behalwe Exclusivebooks, Graffiti boeke, CNA wat die boek gaan aanhou. Die boek sal ook by die webtuiste onder die winkel afdeling te koop wees. Hier kan jy jou spesiale boodskap invul as ek moet teken. Posgeld sal gehef word vir versending. Verder gaan die buitelanders ook die boeke kan aankoop. Paypal en Payfast word tans in die webtuiste ingebou. Sodra dit aan die gang is, sal ek julle per nuusbrief inlig.

Die webtuiste gaan teen 1 Julie oorgaan na die subskripsie deel. Ek sal julle in hierdie verband lei en moenie bang wees vir die oorgangsfase nie, dit sal goed verloop. Die nuusbrief is en bly gratis, maar sal net 1 resep per maand bevat. Die resepte gedeelte en navrae gaan uitsluitlik beskikbaar wees vir intekenare. Julle weet van al my werk wat gesteel word en dit is die enigste manier om die probleme te bekamp.

Geniet jul naweek en hou asb. die nuus volgende week dop vir al die plekke in Suid-Afrika waar ek gaan kom kuier met die BKT kookboek en ook Suurdeeg klasse.

Kletskombuis groete A

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-23T17:18:55+00:00 4 Comments

4 Comments

  1. Marie Coetzee June 24, 2017 at 7:47 am - Reply

    Kannie wag om in te teken nie …..so dankbaar dat jy soveèl tyd afstaan aan ons!
    Geseënd sal jy wees xx rustige naweek

    • Annelien June 25, 2017 at 5:36 pm - Reply

      Baie dankie vir die loyaliteit en entosiasme…My passie vir kos het nog nooit verdwyne en klop deur my are. Groete Annelien

  2. Daleen July 5, 2017 at 8:27 pm - Reply

    Hoe bly jy so maer ?😂 Dankie. Ek gaan oorsee vir 2 mnde sonder my resepteboek want ek het mos vir Annelien by my. Gaan die kleinkinders bederf met egter Tannie Annelien Duid Afrikaans kos, Julle is my heros.

    • Annelien July 5, 2017 at 8:34 pm - Reply

      Oe, jy moet my uurglas lyfie sien met die ekstra minute…whehe…geniet en kom wys wat jy maak. Groete Annelien

Leave A Comment