Gesonde Kospakkie met Roti en slaai

Gesonde Kospakkie met Roti en slaai

Vinnige en gesonde ligte ete vir ons hartsmense en ons self. My redenasie oor hoekom ons gesond en vars wil eet…ons belê in ons oudag en ek wil gesond oud word sonder skete en pyne. Alles begin met ‘n gebalanseerde dieet, genoeg water en oefening. Ek gebruik net steengemaalde meel vir my gebak en keer op keer goeie resultate met Eureka mills gehad.

140g (1 k) steengemaalde koekmeel
140g (1 k) steengemaalde wholewheat meel
2.5 mℓ (½ t) sout
250 g (1 k) kook water
2 e ghee of olyf olie

Sif die sout en koekmeel saam. Voeg die ghee by die warm water en roer goed sodat dit kan smelt. Voeg by die meel en roer met houtlepel sodat die deeg ‘n bal vorm en los kom van die kante van die bak.

Haal uit bak en druk effens plat om af te koel. Knie die deeg tot baie glad en elasties vir ongeveer 8-10 minute met die hand. Of gooi in die voedsel verwerker en alles is binne 5 minute oor en verby.

Vorrm 70 g deeg balletjies. Rol die deeg baie dun uit, ongeveer 2mm. Gebruik meel tydens die rol proses. Indien jy sukkel om ‘n perfekte sirkel te rol kroek maar en druk ‘n perfekte sirkel met ‘n pot se deksel. Maak solank tussen die rollery deur ‘n pan medium warm. Gebruik ‘n gietyster pan vir die bak proses.

Bak die deeg een vir een in ‘n droeë pan, die deeg sal op pof, druk net plat met vadoek of ‘n spaan. Sodra jy die deeg omdraai, smeer die gebakte kant met gesmelte ghee. Draai weer om en braai aan die ander kant en smeer weer ghee. Braai dus beide kante met ghee. Plaas die gaar roti’s tussen vadoeke om hulle sag te hou. Dit moenie uitdroog nie.

Variasie op die deeg:
Voeg 1t komyne-, chai- of vinkel saad in die deeg. Sodra dit gebraai word in die deeg word die olies vrygestel. So vooraf skroei van saad is nie nodig nie.

Slaai
¼ k koppie van die volgende bestanddele: 2 soorte spruite: fenegriek en alfafa, blaarslaai fyn gesnipper, pynpappel stukkies, ertjie peule, tamties

Hoender borsie
Braai borsies gaar in botter en knoffel. Sout en peper na smaak.

Slaaisous en soetrissies sous kan in klein ziplock sakkies gesit word, seel mooi en pak die pakkies.

Bron: Annelien Pienaar, Breinkos kook klas, 2017
Hoeveelheid: Roti lewer 10 pakkies, vulsel kan nagelag vermeerder word.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-23T14:10:42+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Susan June 27, 2017 at 6:40 am - Reply

    Unsubscribe please

    • Annelien June 27, 2017 at 1:55 pm - Reply

      Hallo Susan,

      Indien iemand jou perongeluk subscribe het, is ek baie jammer en sal jou dadelik van die epos diens verwyder. Groete Annelien

Leave A Comment