Sosaties soos ouma gemaak het!

Sosaties soos ouma gemaak het!

Onthou dat karringmelk, suurroom en yoghurt goeie bakteriee in het wat help om vleis te versag. Die bakterie werk sag in op die protein se afbreek en jy kry nie ‘n melerige tekstuur soos met vleis versagters. In die ou dae het die boere Kerrie bygesit vir geur. Dus gee ek ‘n tradisionele sosaties sous resep ook by.

Die woord sosatie is afkomstig van die Indoniese se word “satay”. Dit beteken basies vleis op ‘n stokkie.

1.5 kg lendeskywe, boud, skof, skouerstuk van lam, skaap, bees of vark
3 uie in kwarte gesny en van mekaar geskei
½ k droeë appelkose
250 g sampioene, soetrissies, murgpampoentjies…jou keuse (indien verkies)

Marinade
1 k karringmelk, suurroom of gewone yoghurt
4 suurlemoen blare gekneus of lourierblare
1 ui, fyngekap
vars gemaalde swart peper

Meng al die bestanddele saam en plaas die vleis in ‘n plastiek, glas of erde skottel.

Giet die marinade oor die vleis en laat oornag in die yskas staan.

Kerrie sous
Maak die kerriesous ‘n dag voor die tyd sodat geure kan ontwikkel. Dus is dit wys om die sous te maak as jy die vleis marineer.

4 groot uie, gekap
30 mℓ kookolie
15 ml kerrie poeier, matig
5 mℓ borrie (Tumeric)
5 e appelkoos konfyt
4 lourier blare
1 t fenegriek (Fenugreek)
5 mℓ sout
4 e woestersous
4 e olyfolie
2 e koekmeel

Soteer ui in verhitte olie tot deursigtig. Voeg kerrie en borrie by en braai 2min om geure te ontwikkel. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die koekmeel. Kook 2min. Laat afkoel en oornag staan.

Giet oor vleis en laat vir 2 dae staan…draai vleis gereeld en plaas terug in yskas.

Ryg vleis en appelkose met uie om die beurt op ‘n sosatie stokkie wat in yswater gelê het. Die rede vir die water is dat die hout kan uitsit en nie splinters maak as die vleis op geryg word.

Die sous wat oorbly word met die koekmeel verdik…verhit dit om te verdik en bedien as ‘n aparte sous. Verhit die sous met die koekmeel wat daarby in geroer is. Hou aan roer totdat die sous mooi verdik het.

Bron: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za, vleisverwerkings klas
Hoeveelheid: Lewer 12 porsies

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-21T19:14:15+00:00 0 Comments

Leave A Comment