Romerige pasta met Hamvulsel

Romerige pasta met Hamvulsel

Indien jy kinders het wat nie self kook nie en naweke tuis kom…dan is hierdie ook ‘n wonderlike opsie vir vries. Haal direk uit die vrieskas en plaas gevries in die oond en bak 45 minute. Vir variasie voeg bietjie gekapte ham of gaar spek by. Gesonde kits ete!

500ml (2k) Pasta
45ml (3e) Botter of Margarien
45ml (3e) Koekmeel
500ml (2k) Melk, lou
500ml (2k) Cheddar kaas, gerasper
¼ t Neutmuskaat
Sout en peper na smaak

Voor verhit oond na 180℃ en smeer ‘n oondvaste bak met botter.

Kook 3 liter water met 2t sout en 2e olyfolie. Voeg pasta by kokende water en roer vir eerste minuut om te voorkom dat die pasta aan mekaar vaskleef.

Terwyl die pasta kook, smelt die botter in ‘n kastrolletjie wat 500ml melk sal kan kook. Voeg koekmeel by gesmelte botter en kook vir 1 minuut. Voeg die melk by en roer met ‘n draadklitser baie vinnig om klonte te voorkom. Hou aan roer totdat die mengsel verdik het vir ongeveer 6 minute. Voeg sout en peper by

Voeg kaas by gaar witsous en roer goed deur totdat gesmelt.

Die pasta behoort nou ook gaar te wees. Pasta moet al dente wees. Dit beteken dit moet sag wees maar nog ferm wees as jy op dit byt. Die pasta word nog verder gebak en as jy dit oor gaarmaak gaan dit pap wees.

Meng die sous met die pasta en bak vir 35 minute totdat dit mooi goud-bruin is.

 

English Version

500ml (2cups) Pasta
45ml (3tbsp) Butter or Margarine
45ml (3tbsp) Cakeflour
500ml (2cups) Milk, luke warm
500ml (2k) Cheddar cheese, grated
¼ tsp Nutmeg
Salt ‘n Pepper to taste

Preheat oven to 180℃.

Bring a pot of water to a boil with 2tsp salt and 2tbsp olive oil. Add pasta and stir for 1 minute to prevent it from lumping together.

While the pasta cooks, melt the butter in a pot large enough to hold the milk.

Add the flour and stir over medium heat until the mixture is lightly browned; 1-2 minutes.

Add the milk and whisk to remove any lumps and add the salt and pepper.

Cook over medium-high heat until the sauce thickens and starts to bubble. About 6 minutes.

Stir in the cheese and whisk until smooth and melted. Turn off the heat.

When the pasta is almost done but still firm, drain it and add to the sauce.

Stir the pasta into the sauce and bake, 35 minutes until browned and bubbly.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Pasta classes: boerekostwist@gmail.com
Servings: 6

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-21T17:43:43+00:00 0 Comments

Leave A Comment