Kaapse Suurdeeg klasse (Sourdough), 7 Julie 2017

Kaapse Suurdeeg klasse (Sourdough), 7 Julie 2017

Vrydag 7 Julie 2017, bied Annelien Pienaar in Durbanville ’n Suurdeeg werkswinkel aan. D.’Aria en Eureka Mills staan gereed vir hierdie dag met ‘n pragtige venue en puik koringmeel produkte.

Wat kan verwag word van die klas?
1. Suurdeeg plantjie: elke student ontvang ’n suurdeeg plantjie en met nota’s om dit te onderhou en ook hoe om self van nuuts af ’n plantjie te begin.

2. Die fokus is die klas is om die verskil te leer in die hantering van twee tipes deeg naamlik: hoë hidrasie deeg (high hydration dough) en lae hidrasie deeg (low hydration dough). Daar word ‘n Ciabata met groot gate gemaak asook Franse styl brode met die twee verskillende tipes deeg. Vorm van deeg is belangrik asook snitte en bak tegnieke vir industriele en ook tuis oonde.

3. Bakkers persentasies word breedvoerig verduidelik met die doel om jou te leer om ‘n normale gis deeg resep om te skakel na suurdeeg, asook jou eie resepte te ontwikkel.

4. Die gesondheidsvoordele word deurgaans bespreek en die invloed van die mikrobes wat gevang word in die plantjie. Hoe jy jou apteek rekening vir intestinale flora kan sny. Die feite en mites oor gluten allergieë. Asook die invloed van kommersiële meel en brood op aandag afleibare mense.

5. Die klas is 7 ure lank en elke student maak sy eie brode. Geen demonstrasie klas nie. Alle notas is in Engels vir verdere navorsing t.o.v. terminologie. Klas word tweetalig aangebied. Tyd: 09h00-15h30 ongeveer.

6. Deposito bevestig u plek vir die klas binne 48 uur vandat kwotasie gegee is.

7. Jy ontvang met registrasie: bundel met nota’s in eformaat vir voorbereiding. Jy is welkom om enige vrae vooraf te stuur of om tydens klas te vra.

8. Foto’s en kort video grepe mag tydens klas geneem word.

9. Koste: R950 per persoon. Bakkerstelletjies kan vooraf bestel word wat insluit: Bakkersmandjies, bakkerslappie, deegskraper teen R350.

10. Besprekings: boerekostwist@gmail.com verwysing D’Aria.

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-20T19:50:26+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Erna Janse van Rensburg June 21, 2017 at 7:37 am - Reply

    So n Laeveldkursus sal seker ook hier aangebied kan word.

    • Annelien June 21, 2017 at 7:54 am - Reply

      Hallo Erna, ek gaan in Machaddodorp in September by Milly’s kom klas gee. Ek sal einde Julie vir julle die datums in die events kalender laai. Baie, baie dankie vir die entosiasme vir my werk…ons gaan berge broodbak wat geen maagpyn gee. BKT groete Annelien

Leave A Comment