Tiramisu met ‘n Twist

Tiramisu met ‘n Twist

Soms dink ek die geboorte van die Pepperment crisptert het hier ontstaan. Want dit het al die bestanddele in wat net my gedagtes in rat kry om nog verder te wil twist met die basis resep. Hierdie resep kan gestol word in driehoek vorm, in glasies geskep word of in ‘n tertbak gesit word. Die keuse is joune. Maar glo vir my, die een soettigheid wat manne altyd aan die gons kry is hierdie een. Kom ons begin. Loer asb op die webtuiste vir die resep om jou eie Boudior / Sponsvingers te bak. Dit is net soveel lekkerder.

250 mℓ kook water
2 e perkuleer koffie (Woollies Hazelnut briljante eindproduk)
30 mℓ strooisuiker
45 mℓ Amarula of brandewyn

Plaas die koffie en water in ‘n plunger en laat dit trek totdat dit afgekoel het. Voeg dan die strooisuiker, Amarula by en roer goed deur totdat strooisuiker opgelos het.

200 g Boudoir beskuitjie vingers

Bediening in glase: Sprinkel van die afgekoelde vloeistof oor die koekies om sag te word indien jy dit in glase wil bedien. Druk dan die koekies in die glase.

Groot tert of broodpan: Mens kan twee lae koekies pak indien jy met ‘n reghoek soos ’n broodpan werk. So beplan mooi voor jy afskop. Rangskik die koekies in die basis van die pan wat uitgevoer is met kleefplastiek om uitlig makliker te maak. Sprinkel die koekies met die vloeistof.

10 mℓ (2 t) gelatien
45 mℓ (3 e) kookwater

Los die gelatien in die kookwater op en roer goed deur sodat die mengsel soos stroop begin lyk. Indien nie opgelos kan jy die bakkie in kook water sit, moenie mikro nie. Plaas eenkant en begin dadelik met die volgende stap, voordat die gelatien set.

4 eiergele
115 g (½ k) strooisuiker
500 g roomkaas
½ t karamel of vanieljegeursel

Klits die eiergele en strooisuiker saam vir 5 minute totdat die eiergele lig en donsig is, romerig. Voeg die gelatien in dun straaltjie by en klits deeglik deur. Klits die roomkaas en vanielje by tot glad en dik. Skep op koekie basis en voltooi na gelang van beplanning: in lae of enkel.

Plaas in yskas en set vir 4 ure.

Ontvorm en sprinkel met kakao of hot chocolate vir versiering. Bedien met skraapsels sjokolade.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Gelatien werkswinkel resep insetsel.
Hoeveelheid: 12 porsies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-15T07:37:58+00:00 0 Comments

Leave A Comment