Pampoen / Patatkoekies met Gluten-vrye opsie

Pampoen / Patatkoekies met Gluten-vrye opsie

Hierdie resep kan ook as gluten-vry gemaak word. Veelsydigheid in ’n resep is altyd my mikpunt. Die basis van hierdie resep kan verander word deur pampoen en patat met mekaar af te wissel. Verder speel ek ook om die beslag in vormpies te bak vir klein mensies wat moeilike eters is. Onthou om elke vormpie eers in olie te dompel, verkieslik moet die olie effens verhit wees sodat die kante van die vormpie goed bedek kan word. Plaas dan op ’n warm plaat en bak. Haal vormpie af voordat die koekie omgedraai word.

500 mℓ gaar pampoen of patat fyngemaak, afgekoel
2 eiers
420 g (3 k) koekmeel (gluten vry: 280 g (2 k) bruin rysmeel)
100 g (½ k) sagte bruinsuiker
15 mℓ (1 e) bakpoeier
½ t sout
olie

Meng eier met gaar pampoen of patat. Sif die koekmeel, sagte bruin suiker, bakpoeier en sout saam. Meng nat en droog saam. Patat is geneig om droog te wees en jy kan ongeveer ¼ k melk byvoeg. Die beslag moet sy vorm behou en punte maak.

Voorverhit swaarboom pan oor medium hitte. Smeer die boom van die pan met olie en skep dan lepels vol beslag op die pan. Bak 3 minute aan beide kante.

Bedien met karamelsous of kaneelsuiker.

Hoeveelheid: 6-8 porsies
Bron: Annelien Pienaar, 2017, BKT kook klas, Groente verwerking en bevriesing.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-06-10T17:38:01+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. annatjie chamberd June 13, 2017 at 9:01 am - Reply

    Dit lyk heerlik.

    • Annelien June 13, 2017 at 3:50 pm - Reply

      Geniet, Groete Annelien

Leave A Comment