Agurkie Piekels

Agurkie Piekels

Piekels is seker een van die maklikste en eenvoudigste tegnieke van preservering. Die geure wat hier kombineer word, is eenvoudig ongelooflik. Die knoffel is subtiel en die soetheid van die dille saadjies deurdrenk die komkommertjies. Wanneer hierdie resep gemaak word, is die suiker opsioneel en die Lae Koolhidrate diëte kan met gemoedsrus saameet.

1 kg piekel komkommers
4 knoffel toontjies, geskil en grof gekap of heel
15 mℓ (1 e) dille saadjies, natures choice
5 mℓ (1 t) chillie vlokkies
15 mℓ (1 e) geel mosterd saadjies
250 mℓ (1 k) appel asyn
250 mℓ (1 k) water
30 mℓ (1 e) kosher sout (jodium vrye sout)
30 mℓ (1 e) witsuiker (opsioneel)

Steriliseer 4 x 375 mℓ glasbottels en deksels deur dit eers goed te was, uit te spoel en dan in die oond teen 120℃ vir 20 minute te los. Haal met tang uit en laat afkoel.

Verdeel die knoffel, dille saadjies, chillie vlokkies, mosterd saad tussen 4 x 375 mℓ glas bottetjies. Sny die komkommers se punte af en groot komkommers kan in halwes of kwarte in die lengte gesny word. Pak in glas flessies sodat dit redelik styf pas, maar nie ingedruk sodat die komkommer kneus nie.

Plaas asyn, water, sout en witsuiker in kastrol en kook dit. Terselfdertyd plaas nog ‘n kastrol met water op en laat dit kook.

Giet die piekel oplossing oor die komkommers in die bottel. Draai die bottel dig toe.

Plaas die bottels in kokende water vir 5 minute, bottels moet tot by die nekkie met die kookwater bedek wees. As daar water kort vul met kokende ketel water aan. Haal die bottels uit en draai onderstebo. Laat afkoel. Maak seker die deksels het ingeduik want dit is ‘n aanduiding dat die bottel ‘n vakuum gesuig het en die produk kan vir 1 jaar gestoor word. Indien dit nie gebeur het, stoor in yskas vir 3 maande. Laat 7 dae staan voor gebruik.

English version
1 kg pickle cucumbers, whole or divided
4 garlic cloves, cleaned, crushed
15 mℓ (1 tbsp) dill seeds
5 mℓ (1 tsp) chillie flakes
15 mℓ (1 tbsp) mustard seeds
250 mℓ apple cider vinegar
250 mℓ water
30 mℓ kosher or iodine free salt
30 mℓ White sugar

Sterilize 4 x 375 ml glass jars: wash, rinse, put in oven preheated to 120C and keep at this temperature for 20 min. Remove from oven with foot thongs and let it kief.

Divide garlic, dill seeds, chilly flakes, mustard seeds amongst 4 x 375ml jars. Pack cucumbers into jars tight.

Boil together vinegar, water, sugar for 5 minutes. While this is boiling, heat another pot with water, enough water to cover the 4 jars up to its neck.

Pour the vingers solution while boiling into jars and shake and pound the bottles to release some air bubbles. Top up with môre vinegar solution. Seal tight.

Put the jars into the boiling water and top up with more boiling water. Boil for 5 minutes and remove from water. Cool completely. Check jars for lids to have sealed properly…it should be making a dent to indicate a good seal on the lid. For those that is not making a dent on the lid, keep in refrigerator for 6 weeks. The well sealed ones can be kept for 12 months. Eat after 7 days of marinating.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Preservering klas 101
Hoeveelheid: 4 x 375 mℓ glas botteltjies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-05-28T16:19:38+00:00 0 Comments

Leave A Comment