Suurlemoenstroop Rooibos ystee

Suurlemoenstroop Rooibos ystee

As jy voel dat die hel se deure oop is op ‘n warm somers dag dan is hierdie dorsles ystee net die ding om daar deure weer mooi toe te maak! Ek maak sommer dubbel die stroop en vries die helfte en die ander bly in die yskas en gebruik dan soos nodig.

4 k Vars ment blare – grof gekap
4 k Suurlemoensap
2 k Sterk rooibostee
4 k Suiker
½ k Gemmer wortel – fyn gekap
Sodawater om glase vol te maak

Plaas die mint, suurlemoensap, rooibos tee, suiker en gemmer in groot kastrol en kook alle bestanddele vir 10 minute saam oor matige hitte.

Verwyder van hitte en laat afkoel tot koud.

Dreineer die bestanddele en hou in geskikte glasbottel om vir lang periodes in die yskas te stoor.

OM TE GEBRUIK
2 eetlepels stroop op ¾ kop sodawater of maak dit so sterk aan as wat jy van hou. Bedien met ekstra ment blare vir garnering.

BRON: Annelien Pienaar. www.bosenbergguestfarm.co.za, 2015

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-05-11T05:21:53+00:00 0 Comments

Leave A Comment