Gekookte versiersel

Gekookte versiersel

Soms soek jy ‘n versiersel wat nie te soet is nie en ook nie te gou smelt nie. Hierdie reseppie voldoen aan al die vereistes. Hierdie versiersel kom wit uit en dus kan jy dit ook maklik kleur om by die perfekte kleur uit te kom. Toener jare gelede was hierdie die manier hoe die ou mense Devil’s food cake en Redvelvet koek versier het. Die name wat gebruik was vir hierdie versiersel het varieer van: roux-, ermine-, boiled of cloudburst frosting, toe kom die era van bakkersmargarien en mense het die ryk weelde van dit begin gebruik.

Dit is egter baie belangrik om in gedagte te hou dat die vlabasis wat gemaak word eers baie, baie goed afgekoel moet word. Met die afkoel proses kan daar ook ‘n effense kinkel in die kabel insluip naamlik die velletjie wat bo-op vorm. Dus neem net ‘n teelepel margarien van die resep en smeer dit oor die warm vla om velletjie te voorkom. Druk ’n stukkie kleef plastiek bo-op en laat om af te koel. Verkieslik vir 5 ure in die yskas. Onthou om eers die mengsel af te koel voordat dit yskas toe gaan. Indien jy baie haastig is, smeer die vla op ‘n bakplaat en smeer weer botter, sit kleef plastiek op en sit in vrieskas en hou dop vir ongeveer 30-45 minute.

250 mℓ (1 k) melk
20 mℓ (1 e + 1 t) mielieblom (maizena)

Meng die melk en mielieblom saam en plaas in ’n kastrolletjie en kook oor matige hitte totdat dit verik. Roer heeltyd met ’n draadklitser om aanbrand te voorkom.

Skep die mengsel in ‘n plat bak indien jy baie haastig is, sodat die mengsel vinnig afkoel. Onthou om die bostaande teks te lees oor hoe om die velletjie te voorkom. Sodra afgekoel, plaas vir 2-3 ure of oornag in die yskas.

60 g (¼ k) botter of bakkers margarien, kamertemperatuur
105 g (½ k) strooisuiker
5 mℓ (1 t) vanieljegeursel

Haal verkoelde vlabasis uit en klits eers goed om die mengsel glad te kry. Die mengsel sal wel effens vlokkerig wees, maar sal glad word sodra die ander bestanddele bygevoeg word.

Klits die margarien by die vlabasis tot glad en romerig en voeg dan die strooisuiker by en klits weer. Hou aan klits totdat die strooisuiker goed opgelos het deur ’n bietjie van die mengsel tussen jou vingerpunte te vryf.

Gebruik die mengsel dadelik.

Bron: Rina Venter, Getoets en gestandaardiseer: Annelien Pienaar vir BoereKosTwist resepte blad. 2017

Foto krediet: Maria Sorentino

Hoeveelheid: bedek 1 enkel laagkoek of 12 kolwyntjies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-05-09T10:02:35+00:00 0 Comments

Leave A Comment