Eenskottel Hoender gereg

Eenskottel Hoender gereg

Soms is mens lus vir iets wat maklik en eenvoudig is sonder veel fieterjasies. Ek is baie lief vir die gebruik van my Prutpot of alom bekend as die Slow cooker. Hierdie heerlike gereg kan dan met verskeie soorte rys, stampmielies of verdik word om as pasteivulsel te geniet.

30ml Botter
4 Hoender borsies, ontvel en ontbeen
Sout en peper na smaak
250g Sampioene, gesnipper
1 Ui, klein, opgekap
2 Knoffel toontjies, gekap
15ml Dill of Tiemie, gedroog
15ml Borrie
5ml Paprika, gerook verkieslik
100ml Wit wyn
125ml Hoender aftreksel
125ml Room
15ml Growwe Dijon mosterd, sade kan ook werk as jy nie mosterd in voorraad het
15ml Gladde Dijon mosterd of enige ander
100ml Mayonnaise

3e Tamatie puree
100ml Blatjang
30ml Heuning

Braai die hoenderborsies met botter tot goudbruin aan die buite kant, maar nie gaar. Die vleis sappe moet net ingeseel word. Verwyder uit pan en sit in Hutspot. Voeg die sampioene en uie by en braai verder tot die sap van die sampioene uitgekook is. Plaas alles in hutspot.

Meng die res van die bestanddele by behalwe die room. Laat die vleis kook vir ongeveer 6-8 ure. Indien jy verkies om groente by te voeg, kan jy teen ongeveer 3 ure bysit.

Sodra die vleis baie sag en gaar is voeg die room by en roer goed deur.

Bedien dadelik met ‘n bed van gegeurde rys, soetrissies en skyfies suurlemoen.

Bron: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za
Hoeveelheid: 4 – 6  porsies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-05-02T07:49:50+00:00 0 Comments

Leave A Comment