Murgpampoentjie Kaneel koek

Murgpampoentjie Kaneel koek

Ek was aanvanklik baie skepties oor hierdie vreemde kombinasie van ‘n koek maar ek was aangenaam verras toe ek dit proe! Die tekstuur van die kolwyntjies is sag en klam. Geurig en dekadent. Die kolwyntjies vries ook baie goed. Verder het ek groot koeke en ook broodjies gebak met hierdie beslag en die mense is gaande oor die eindresultaat. Onthou om die baktyd vir koeke en broodjies te verander na 35-45 minute. Die beslag is genoeg vir twee 25cm koeke.

3 Groot eiers
250 g Murgpampoen – gerasper
300 ml Sonneblom olie of gesmelte botter
300 g (1 1/2 k) Sagte bruinsuiker
5 ml Vanielje geursel
100 ml Gewone jogurt of karringmelk
280 g (2 k) Koekmeel
5 ml Bakpoeier
5 ml Koeksoda
5 ml fyn Kaneel
1 ml fyn Gemmer
1 ml Neutmuskaat
100 g Pekans
2 ml Sout

Voorverhit oond na 170 ˚ C. Berei 2 kolwyntjiepanne voor.

Klits die eiers en suiker tot baie lig en donsig. Klits dan die olie in ‘n dun straaltjie by totdat alles ingewerk is en die mengsel weer lig en donsig is.

Voeg al die bestanddele bymekaar en vou deeglik in. Skep in 2 voorbereide kolwyntjiepanne en bak vir 25-30 minuite totdat die toets stokkie skoon uit kom.

Laat goed afkoel voordat die versiersel opgesit word.

Roomkaas versiersel
230 g Roomkaas
½ kop Botter
450 g Versiersuiker
1 t Vanielje geursel

Room eers die botter en die roomkaas appart sodat dit romerig en lig word.

Voeg die botter en roomkaas saam en klits goed deur maar nie te veel nie, anders word die mengsel baie slap.

Voeg die versiersuiker en vanielje geursel by.

HOEVEELHEID: 24 kolwyntjies
Bron: Annelien Pienaar, 1999, Voedsel en Kleding studente

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-05-01T20:21:08+00:00 0 Comments

Leave A Comment