Springmielies met bottersous

Springmielies met bottersous

Die beste springmielies is maar daardie wat jy self skiet in ma se ou stoompot waarvan die handvatsel en ore al beter dae gesien het. Ek het so ’n pot en glo vir my, sy het al hard gewerk. Die grootste geheim is om met ‘n kastrol te werk wat jy weet nie maklik sal vasbrand soos vir melktert pap kook ens. Maak seker die kastrol is baie warm voordat jy die olie ingooi. Hoe toets jy of die kastrol warm genoeg is? Maklik: drup ’n teelepel water in die kastrol en as die water rondhol in sulke ronde druppels, is die kastrol gereed vir die olie. As die water ’n poeletjie vorm en net kook moet jy nog wag. Kom ons begin.

½ k springmielie pitte
¼ k sonneblom olie

Verhit kastrol op hoogste verstelling en los vir 5 minute en doen die water toets soos in die voorafgaande teks verduidelik.

As die katrol warm genoeg is voeg dan die olie by en dadelik die pitte. Bedek die kastrol en laat die pitte skiet totdat jy hoor dit stop.

Keer die springmielies in ’n diep bak uit en maak die bottersous.
½ k botter gesmelt

Giet die bottersous oor die springmielies en skud die bak soos jy werk sodat die botter egalig oor die mielies versprei. Voeg dan sout byna smaak.

Lekker eet!

Bron: Annelien Pienaar, 2017, kinder kookklas
Hoeveelheid: 4 porsies.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-30T16:12:35+00:00 0 Comments

Leave A Comment