Suurlemoen en Dill gegeurde Hoender

Suurlemoen en Dill gegeurde Hoender

Hierdie gereg kan met heel hoender of hoenderstukkies gemaak word. Die vleis kan eers effens gaargemaak word in die oond en dan oor die kole gebraai word. Vries die hoender in die marinade en soos dit vries werk die karringmelk sagkens aan die tekstuur van die hoender. Maklike en vinnige kos.

1 heel hoender of in stukke gesny
250 mℓ (1 k) karringmelk of gewone jogurt
125 mℓ (½ k) perske blatjang
125 mℓ (½ k) witwyn (opsioneel)
30 mℓ (2 e) suurlemoenskil gerasper
1 suurlemoen se sap (60 mℓ of 4 e)
60 mℓ (4 e) dill tippies (Cape Herb ‘n Spice se reeks)
Sout en peper na smaak

Meng die bestanddele goed deur en giet oor hoender.

Plaas hoender in kasserol bak en bak teen 180 ℃ vir 45 minute en braai dan vêrder oor die kole tot bros en bruin.

Bedien met heerlike slaai uit die BKT groente afdeling.

Porsies: 6 persone
Bron: Annelien Pienaar, Boerekos met ‘’n Twist resepte, vleis werkswinkel 2015 se klas.

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-27T10:10:18+00:00 0 Comments

Leave A Comment