Quinoa en Geelperske slaai

Quinoa en Geelperske slaai

Wat is Quinoa is jou eerste vraag. Dit is ‘n piepklein saadjie van Peru en word uitgespreek as “Keen-Wah” en nie “Quinn-oh-ah”. Quinoa bevat al 9 essensiële aminosure wat dit die perfekte vervanger vir dierlike proteïene in ’n dieet is. Dit bevat ongeveer 15 g proteïene en 35 g koolhidrate per 100 g porsie bediening. Dit kook baie vinnig gaar en die smaak is krakerig met ‘n neutagtige nasmaak. Dit kan ook as meel gebruik word en verskeie soet en sout gebak kan gemaak word. Dus is hierdie saadjie veeldoelig in baie opsigte. Vandag maak ons heerlike slaai. Indien jy nie toegang het tot Quinoa kan jy ook Cous-cous in die plek daarvan gebruik sien wenk onder aan teks.

12 gedroogde geelperske halwes, gesnipper
250 mℓ kookwater
250 mℓ (1 k) Quinoa
500 ml (2 k) water
½ groente aftreksel blokkie
125 g sampioene
5 mℓ fyn knoffel
100 mℓ olyfolie
1 lang seldery stingel, fyn gesny
3 stingels sprietuie
2 paprika vruggies in ringe gesny of vervang met 1 groot soetrissie
125 mℓ (½ k) ertjies

Plaas die perskes in die kookwater en bedek, laat afkoel. Plaas die Quinoa in kastrol en voeg 500ml water daarby asook die aftreksel blokkie. Kook vir 15 minute totdat die water alles geabsorbeer is.

Terwyl die quinoa kook braai die sampioene in olyfolie tot vog uit is vir 5 minute en voeg dan die knoffel by en roer braai vir 1 minuut. Skep die gedreineerde perskes by die sampioene en roerbraai nog ‘’n minuut en laat eenkant afkoel.

Sodra die quinoa gaar is roer by die sampioene mengsel en roer goed deur om al die pan souse op te neem.

Meng dan al die ander bestanddele by asook die slaaisous. Roer goed deur en laat oornag marineer.

Slaaisous
250 mℓ karringmelk
125 mℓ (½ k) mayonnaise
3 e sagte bruinsuiker of molasse stroop
40 g bloukaas gekrummel (opsioneel)
3 e fyn grondbone botter
3 e vars tiemie of 1 e gedroog
Sout en peper na smaak

Meng alles saam en laat eenkant.

Wenk: Indien jy nie Quinoa het maak cous-cous: gebruik gelyke dele cous-cous tot water. Verhit eers die water met 2e olyfolie en ¼ blokkie aftreksel. Sodra water kook voeg die cous-cous by en roer deur. Haal kastrol van plaat en staan vir 10 minute om uit te sit. Gebruik dan netso in resep.

Bron: Annelien Pienaar, Gesonde eetgewoontes klas, 2013
Hoeveelheid: 6 porsies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-28T08:22:36+00:00 2 Comments

2 Comments

  1. Irene Spath April 28, 2017 at 2:37 pm - Reply

    Klink totaal heerlik. En gesond ook. Annelien, jy mag maar.

    • Annelien April 28, 2017 at 4:03 pm - Reply

      Irene, sommer baie bly jou geniet ook gesonde kos. Groete Annelien Pienaar

Leave A Comment