Maalvleisvulsel vir Pasteie

Maalvleisvulsel vir Pasteie

Hierdie is ‘n vinnige en maklike vulsel vir pasteie.

1 kg maer maalvleis
1 medium, ui, fyngekap
1 t knoffel
60 mℓ (4e) olyfolie
500 g kapokaartappels (fyn gedruk, 4 e botter, sout en peper na smaak)
1 aanmaak van Broskors deeg

Braai ui in olyfolie tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel by en braai vir 1 min. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Voeg die kapokaartappels by en roer goed deur. Verwyder van hitte en laat goed afkoel. Stoor dan in yskas totdat jy dit gaan gebruik vir pastei vulsels.

*wenk: skep die maalvleis in ‘n spuitbuis waarvan die punt afgesny is so groot soos ‘’n R5 munstuk indien jy verkies om worsrolletjies mee te maak. Spuit die worse op ‘n bakplaat en plaas in vrieskas om te set. resep van boerekos met ‘n twist.

Rol die deeg ongeveer 3 mm dik uit in ‘n reghoek. Strooi die oppervlak waarop jy rol goed met koekmeel. Haal die vooraf gespuite worse op die bakplaat uit vrieskas.

Plaas die worsie op die deeg en smeer die randjies met melk en eiergeel mengsel, dit is jou gom en ook jou glanslaag, rol toe en druk vas.

Net voordat jy die worsrolletjies bak, smeer met eiergeel mengsel en sprinkel sesamesaad, papawersaad, paprika of kaas bo oor, jou keuse.

Hierdie worsrolle kan dan bevries word of gebak word.

Bak by 180 ˚ C vir 20 – 25 minute.

Variasie: voeg ongeveer 1 t borrie en 1 t kerrie by vir geur. Verder kan ‘n halwe koppie mieliepitte en ook ‘n halwe koppie ertjies of wortels bygevoeg word vir ‘n Cornish pie variasie.

Bron: Annelien Pienaar, 2015, Pastry class, epos: boerekostwist@gmail.com

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-04-24T08:00:39+00:00 1 Comment

One Comment

  1. Elzabe Liebenberg April 29, 2017 at 3:18 am - Reply

    Ek vrek oor ‘n “pie” en hierdie is d interessantste resepte.
    Groot dankie.

Leave A Comment